Liefde moet altyd eerste kom


Plaas die liefde eerste “Julle moet die liefde nastreef”(1 Korintiërs 14:1).
Lees 1 Korintiërs 14:1-12
Dit sal interessant wees om uit te vind hoeveel tyd, energie en geld reeds bestee is aan pogings om ’n oplossing te vind vir al die maatskaplike siektes van hierdie wêreld. Op internasio­nale en nasionale vlak is soveel openbare en privaat organisasies al gevorm om hierdie probleme aan te spreek. Heelwat tyd en energie is afgestaan deur mense met goeie bedoelings wat ernstige pogings aan­gewend het om lyding te verminder, om die nood van die armes te verlig, om vrede te bewaar en ’n einde te bring aan geweld.

Hoe lofwaardig hierdie doelstellings ook al klink en is, is daar net een oplossing vir al die ‘maatskaplike kwale’ van hierdie lewe op aarde. En hierdie oplossing is gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag: “Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê” (Johannes 13:34).

Jy dink dalk dat dit ’n oorvereenvoudiging van ’n ingewikkelde probleem is, en dat dit nooit op wêreldskaal geïmplementeer sal kan word as ’n praktiese oplossing vir die hoofoorsake van die gemeen­skap se probleme nie. Dit is egter nie net moontlik nie; dit is die énig­ste manier waarop vrede en stabiliteit sal terugkeer na hierdie gebroke, verskeurde en uiters mistroostige wêreld.

Hierdie liefde moet egter by die individu begin – by my en by jou. Liefde moet immers gewortel wees in persoonlike verhoudings voor­dat dit kan groei en vrug dra. Deur die betoning van jou liefde aan ’n
medemens sal hierdie liefde al hoe verder versprei, totdat hierdie wê­reld herstel is tot die volmaaktheid van God se skepping aan die be­gin.

Gebed

God van liefde, help ons om mekaar lief te hê,
want dit is die enigste manier
waarop ons U ooit sal sien.

Dit is nie eers ná die uitstorting van die bloed van sy Seun
dat God begin het om ons lief te hê nie, maar nog voordat
die fondamente van die wêreld daargestel is.
JOHANNES CALVYN

Hierdie Dag stukkie deur Vers-’n-dag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s