Die genesende krag van liefde


“Maar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie”(Esegiël 18:21).

Lees Esegiël 18:21-32
Die vraagstuk oor die sonde en boosheid en die toepaslike straf daarop, is al jare lank ’n bron van kommer vir talle mense.

Daar is dié wat sterk voel daaroor dat oortreders nooit toege­laat moet word om hulle sondes te vergeet nie. Maatskaplike her­vormers, aan die ander kant, bepleit vergifnis en rehabilitasie. So baie mense verhoudings gaan tot niet omdat die mense wrokke teen mekaar koester en vertroetel. Hulle wil nie vergewe en vergeet nie.

En hierdie gebrek aan vergifnis lei dikwels tot groot ongelukkigheid.

Die wonder van ons Christelike geloof is dít: Ondanks ons wispel­turige geaardheid, ons eiesinnigheid en ongehoorsaamheid, het God ons steeds lief met ’n liefde wat sowel vergewend as reinigend is!

Dit maak nie saak wat ons gedoen het nie, wanneer ons bereid is om ons skuld te bely en na die Vader toe terug te keer, sál Hy ons met sy vergewende liefde terugontvang.

Jy word dalk op hierdie oomblik oorweldig deur gevoelens van berou en skuld weens die een of ander daad waaroor jy opreg jammer is. Of miskien het iemand jou seergemaak en sukkel jy om die persoon te
vergewe vir wat hy of sy aan jou gedoen het. Onthou dan hoe oneindig die liefde en vergifnis van die lewende Christus is. Praat met Hom oor alles wat so swaar op jou hart druk. Neem sy vergifnis vir jou aan. En gaan dan uit en deel daardie vergifnis en liefde uit aan almal wat op die een of ander manier teenoor jou oortree het.

Gebed

Heilige Gees van God, gee dat almal in liefde sal saamleef.

Neem die liefde weg, en hierdie wêreld word ’n grafkelder.
ROBERT BROWNING

Hierdie Dag stukkie deur Vers-’n-dag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s