Ware liefde is nie selektief nie


“En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir
hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit
die dood opgewek is”(2 Kor 5:15).

Lees 2 Korintiërs 5:11-21
Selfgesentreerdheid het geen plek in die Christelike geloof nie. Ons
hoor te dikwels van organisasies en Christelike broe­derskappe wat
goeie werk verrig. Dit tel in hulle guns. Wat teen hulle tel, is die
feit dat hulle dit slegs in hulle groepie doen.

Om so ’n gesindheid te openbaar maak ’n bespotting van die
hei­lige doel van Jesus se geboorte, lewe, dood en opstanding. Dit
staan boonop direk teenoor God se groot gebod van die liefde.

As Christen is dit jou roeping en sending om die liefde van Jesus
Christus, die enigste Seun van God, na alle mense toe uit te dra, nie
net soms nie maar in alle omstandighede. Dit was nooit Christus se
bedoeling dat ons liefde of goeie dade of die verkondiging van sy
boodskap tot ons eie klein kring of groep beperk sou word nie. Die
Here Jesus het voorsien in die behoeftes van alle mense wat na Hom toe
gekom het vir hulp. Jou opdrag is om, deur die krag wat die Heilige
Gees in jou bewerk, presies dieselfde te doen.

Om te verseker dat jou getuienis oor Christus effektief sal wees,
moet jy jou vertroue volkome in die Meester stel. Hy sal aan jou die
geleenthede en die vermoë skenk om hierdie bediening suksesvol uit te
voer, nie slegs teenoor die mense wat jy ken en liefhet nie, maar
teenoor álle mense. Dit is ons plig en voorreg as Christene, want
ont­hou: Jesus Christus het vir almal gesterf!

Gebed
Genadige Meester, gee dat ek in my diens aan U nooit my liefde van
enigiemand sal weerhou nie.

Alleen hulle het die Skepper volmaak lief wat volmaakte liefde
teenoor hulle medemens openbaar.

VENERABLE BEDE

Hierdie Dag stukkie deur Vers-’n-dag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s