Jou plig om lief te hê


“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!”
(Psalm 133:1).

Lees Psalm 133:1-3

Oor die jare heen is die wêreld deur groot tragedies getref. Talle
daarvan was die gevolg van onenigheid en tweespalt tussen gelowiges.
In plaas daarvan dat die kerk een is, soos die lewen­de Christus
gebid het, word ons deur verdeeldheid lamgelê. Ons ver­kwis kosbare
tyd en energie terwyl verskillende denominasies en groepe stry oor
minder belangrike dinge, in plaas daarvan dat ons verenig staan in ons
stryd teen die Bose. Oorlog, misdaad en siekte skud ons samelewing tot
in sy fondamente, maar ons staan steeds nie saam nie!

Daar is verskeie redes wat aangevoer word as die oorsake van die
verdeeldheid tussen Christendissipels en die onmin en onrus wat dit
meebring. Die wortel van die kwaad moet egter gesoek word in die feit
dat ons die Meester se bevel verontagsaam. Hy het ons beveel om mekaar
lief te hê soos Hy ons liefhet. Daar kan geen twyfel wees nie dat as
ons gehoorsaam sou wees aan hierdie gebod, al die probleme wat die
mensdom en die wêreld in die gesig staar, opgelos sou word.

Die vertrekpunt lê nie by ander mense nie. Die verandering begin by
my. En by jou. Elke Christen word opgeroep om lief te hê, om
barmhartig en deernisvol te wees, om vooroordeel te vergeet, en om
simpatiek te wees teenoor die standpunte van ander.

Die kleinste klippie wat in ’n dam gegooi word, veroorsaak rimpels
in die water. Jou kleinste daad van Christelike liefde kan die begin
wees van ’n rimpeling wat oor ons hele land en oor die wêreld heen
versprei. En dit is presies waartoe die Meester ons oproep.

Gebed
Here Jesus, waar u liefde heers, heers daar vrede. Gee dat my liefde
sal bydra tot daardie vrede.

Alleen Christus kan blywende vrede bring – vrede met God, vrede
tussen mense en nasies en vrede in ons hart.

Hierdie Dag stukkie deur Vers-‘n-dag

3 thoughts on “Jou plig om lief te hê”

  1. Ek sit nou net en dink aan liefde, daardie onvoorwaardelike liefde van iemand wat werklik omgee en werklik verstaan. Dit is juis die probleem van hierdie wêreld – daar is te min mense wat liefde so ten volle uitleef. Mense wat nie bang of skaam is om lief te hê nie en altyd bereid is om liefde te gee as dinge verkeerd loop, ‘n slegte dag mens onderkry of sommer net ‘n drukkie benodig word.

    Here van liefde en genade,
    ek bid vir Tersia en haar gesin.
    Ek bid vir u teenwoordigheid
    deur liefde, genade en vrede
    in elkeen van hulle lewens,
    maar veral vir haar seuns,
    en hulle verhouding.

    Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
    (Philippians 4:6-9)

    Like

  2. Deesdae is my gebede net elke dag dat my 2 seuns (13 & 16) net beter oor die weg sal kom… Dis kronies soos ‘n oorlogsveld! Dis nogal erg!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s