Hy Antwoord Op Shhhh


Hierdie gedig bring die ontsaglike grootheid en sagtheid van Liefde na vore. Ek het nie ander woorde om dit te beskryf sonder om dit te bederf nie…

Liefde is stil
Soos sterre
Liefde praat nie
Skreeu nie
Hy loop op sy tone
Met sy wysvinnger op sy mond
liefde sit in woorde
wat praat deur oë
dis nie iets wat jy voordra nie
dis iets wat jy bêre
liefde bly stil
behalwe in hart kamers
liefde praat min
en vat baie
liefde se naam is shhhh
dis hy
wat net jy in jou hart kan hoor
hy stel vir jou vrae
en hou die
antwoorde sag
sy naam is
shhhh
en sy hande is warm
liefde skryf jy met blare
en in die wind
liefde is dit wat jy altyd hoor
maar waarna
jy nooit luister nie
shhhh…

© Paula van der Merwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s