PêPA


Wanneer my voete in stof trap
En hulle sleep
Wanneer my rug gekrom staan
Gebuk onder my sondes se juk
Wanneer my arms slap bly hang
My kop gebuig
En ek op my kniëe kreet:

“Abba!”

Abba my dan:
Abba my
Dat my voete weer kan
Loof en prys / verkondig
Laat ek in genade se geregtigheid
Regop staan
Vergewe my
Maak my sterk
En hoor hoe ek bid
“Abba, Abba, my Vader!”

Abba my dan
Hier in moeder Afrika
Met genade, hoop, liefde
Abba my hart
Abba my siel en gedagtes

dra my
Na U wil, dra my
Hemel toe
Abba, my God.

© Paula van der Merwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s