Ons Eerste, indien nie enigste Begeerte is Liefde!


My begeerte vir jou is om die volheid van God se Liefde vir jou te ontdek. Ons drome moet gevorm word deur die liefde van God wat teenwoordig is in ons lewens.  Lees Johannes 15-17. Nadat jy dit ‘n paar keer gelees het, vra die Heilige Gees om God se liefde vir jou aan jou te openbaar. Jy sien, ons eerste, indien nie ons enigste begeerte is liefde! Natuurlike het ons duisende ander lewens begeertes, maar ware liefde bring ware lewe voort.

When true love is embraced
we cannot help living it,
thus it becomes our life.

Johannes verduidelik dit so:

Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie. Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
(1 Johannes 3:11-17)

Deur ‘n lewe van liefde word die volheid van lewe eers ontdek!  Ons mag dalk glo dat ons grootste begeerte is om gelukkig te wees, of ryk te wees, maar eintlik is dit om lief te hê en geliefd te wees…

Sonder liefde ontbreek daar iets in jou lewe en jy beleef ‘n leë gat binne jouself wat op geen manier gevul kan word nie. Die enigste ding wat hierdie gat kan vul is WARE LIEFDE. en daar mee saam kom restorasie en opwekking van die ander dooie dinge in jou lewe!

Wat is hierdie ware liefde dan en hoe kan ons dit bekom?

Jesus het gesê:

Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
(Johannes 15:9-10)

Wat moet ons dus doen om hierdie lewe van liefde te kan leef en beleef, ons moet Jesus se gebooie gehoorsaam…

Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
(Johannes 15:12-13)

So, wat is Sy gebooie wat ons moet gehoorsaam? Ons moet mekaar lief hê!

Die enigste manier om ‘n vervulde lewe te hê is dus om lief te hê en om lief te hê is om in en deur Jesus Christus te lewe op so ‘n wyse dat jy bereid is om jou lewe vir jou vriende af te lê

Wonderlike Jesus, kom vul my lewe met u self. Sonder u kan ek nie hierdie lewe van liefde lewe nie. Ek het u nodig, meer as voedsel, selfs meer as elke asem  teug… EK HET U NODIG!

Wat is hierdie beegeerte van liefde dan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s