Ken Hom in al jou wee


Kruispaaie is soms plekke wat ons vermy, grootliks omdat ons te bang is om die onbekende aan te durf maar soms het ons net nie die geloof om die regte stappe te vat nie.

Ek sien geloof as dit wat van uit Jesus, binne in jou eg en werklik geword het aan die buitekant! Ons moet hom ken!!!. Dit is soos die Woord se, Ken Hom in al jou wee en Hy sal jou paaie gelyk maak! Die ken gedeelte is waarmee ons sukkel. Ken ons Hom werklik in al ons wee en is daar geloof in al ons wee? As ons Hom ken dan is die res ‘n “walk in the park” besluite gaan soveel makliker wees, amper outomaties, want ons stap dan hand-aan-hand met Jesus. Ons Geloof moet ons natuur word.

Kennis en verhouding met die Here is so belangrik, maar waar leer ons die Here ken…

      is die Woord en met die Here te praat in gebed maar
      is net so belangrik dink ek: Ons verhouding met mense, veral ons naaste om ons!

Mense is deel van ons wee en ek glo dat so baie van die Here opgesluit lê in mense maar trots, selfsugtigheid en allerhande dinge van die sondige natuur staan in die pad om van mekaar te kan ontvang. Liefde is die krag wat sonde oorkom, dit is die mees kragtige evangelistiese ding, nee, eintlik se ek dit verkeerd. Dit is die Evangelie…. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het….. Die klem lê veral vir my op die woordjie GEGEE…. Dit is waaroor dit gaan! Kan jy jou lewe neerlê vir ander in liefde? Dit is wat Jesus gedoen het. Dit is die enigste manier hoe die wêreld gaan sien dat ons van God is… deur ons liefde vir mekaar. Ons moet ons alles insit om verhoudings te bou…. Om jou lewe te verloor is om lewe te vind… Ons glo dit nie, want anders sou ons dit uit gelewe het…

Die Vader het nooit iets in materiale waarde gegee of gesaai nie, maar slegs iets van Homself, Sy eie seun… en wat hy gemaai het is miljoene ander seuns. Ons moet dus onsself ook gee (Christus in my) Dit is die krag van die Evangelie !!!! Maar om te gee moet jy iets hê en om iets te hê moet jy Hom ken!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s