Drome Droom


Verstaan ons God werklik as dit kom by ons drome en begeertes? Die drome en begeertes wat God vir ons het is soms baie oorweldigend en voel so ver verwyderd van die werklikheid dat ons nie meer weet wat waar is en wat nie…

Ek glo met my hele hart dat God aan ons ons drome en begeertes gee, maar elkeen van ons word beïnvloed deur die wêreld om ons. Ons het groot geword in ‘n wêreld waar gestruktureerde sisteme en instansies belangriker is (meer krag en waarde het) as verhoudings. Ons ontvang drome en begeertes, volmaak en rein, maar dan kleur ons dit in met kleurkryt van vrees, bitterheid, mislukking, teleurstelling en verwerping. Ons gaan selfs nog verder en omlyn hierdie prentjie van ons met helder kleure van aanvaarding, erkenning en sukses net om seker te maak dat hierdie droom of begeerte perfek inpas in die verwagtings van die mense om ons.

Ek weet verseker dat God saam met ons droom en dat amper elke droom en begeerte wat ons het van Hom af kom, maar dan besmet ons dit deur ons vrees vir verwerping, bitterheid teenoor ander mense en ons mislukkings van die verlede. Ons vervorm hierdie geskenk van God tot ‘n produk van wêreldse sukses en vernietig heeltemal die oorspronklike doel en krag daarvan. Ons gebruik dan hierdie geskenk vir self verheerliking, selfs deur goed te doen, maar dit waarvoor dit bedoel was het lankal reeds verlore gegaan. Dis juis hier waar ons misluk, “for no man can receive all the glory and not be crushed by it”.

Die drie belangrikste dinge om te onthou is koninkryk, mense en self. Wat ook al jy doen moet altyd God se koninkryk bou, mense opbou en ook jou self. Indien nie, is die droom of begeerte wat jy najaag verwronge deur vrees, selfsugtigheid of een of ander wêreldse persepsie.

Ons lees in Psalm 139:23-24 :

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Dit is duidelik dat Dawid dit ook besef het. Hy pleit by God om sy gedagtes binne te tree en sy hart te ontbloot sodat daar geen vernietiging en pyniging kan plaasvind deur die verkeerde gebruik van God se geskenk in sy lewe nie. Verder vra hy dat God hom ook moet lei op die regte pad…

Ons is te bang om die eenvoud van God se geskenk in ons lewens te aanvaar en probeer gedurig dit aanvaarbaar maak deur ‘n klomp ‘drak’ by te voeg. God se liefde was in ons harte uitgestort sodat ons dit kan deel en geniet met elke persoon wat ons mee in kontak kom, maar dit gebeur nie! Ons is so bang om hierdie liefde te deel met iemand, ‘sê nou net ek word verwerp’…

Hoekom is ons so bang vir liefde, so vrees bevange vir die waarheid?
As ons nie eens vir die mense vir wie ons omgee en respekteer liefde kan wys nie, hoe gaan ons ooit dit kan doen teenoor die wat ons seermaak en ons probeer vernietig? Wat is die ideaal vir ons lewens, die ideaal wat God vir ons het?

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
(Matthéüs 5:44-45)

Wat is die liefde dan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s