Vertaal


Kom met U Woordeboek van-alles-weet
vertaal die gedrogte
Die woorde van my siel
Siel?
Het ek enige emosie,
Behalwe seer oor
Wie kom in die donker of was dit nou
Die veilig van nag
En steel jou drome
Een vir een van jou bedkassie af?
Of was dit nou gediefde-mense..
Wie sluip saggies in harte in
En steel liefde
Stukkie vir stukkie van ons
Woorde af?

Wyk, jou ondier van verwoesting
Wat my kaal stroop
Sonder dat ek dit weet
Jou veflaksede ding
Met ore op die vloer
Jy met jou skindertong
Skinder by my nie meer
Jou leuens
Jou verworpene
Uit die hemel van Heiligheid,
Ek bestraf jou,
Jou adder,
Tussen jou en my is oorlog eeue terug verklaar
Jou haat teen my is fel
Jou verspotheid nog erger.

Maar jy
Met jou sleep tong, dronk word praatjies, jy met jou alles is verwoes en jou versoekings

By die uiter van een Naam
Sal jy wegvlug..

Nou tot in alle ewigheid opgesluit.

Wyk satan,

Uit my lewe uit,

Want daar staan geskrywe…

© Paula van der Merwe

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s