Toe


Toe ek gebore is, wou swakheid my steel
Sy Asem was sterker
Toe hartseer my siel wou neem
was Sy vreugde meer
Toe donker my wou oorrompel
was Sy lig helderste
Toe sonde my hande wou verhard
was Sy vergifnis sagter
Toe leuens my hart binne dring
was Sy Waarheid dieper
Toe selfmoord my wou wegneem
was Sy plan groter
Toe ek wou opgee
was Sy sterk-staan vasster
Toe ek wou ophou liefhê
was Sy Liefde warmer

Nog voor ek was, was Hy.
Nog voor ek kon praat, praat Hy in my.
Nog voor ek kon loop, loop Hy langs my.
Nog voor ek geweet het wat mooi is, was ek mooi vir Hom.
Nog voor ek enige iemand was, was ek Syne.
Nog voor tyd was, was Hy en my mure voor Hom.
Nog voor ek in ‘n geveg betrokke was, het Hy my klaar gered.

Ek hoort en behoort teen Sy borskas en Hy in my hart…

Nog voor ek my verlang geken het,
Het ek na Jesus van Nasaret
Verlang…

© Paula van der Merwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s