Mos


As ek my verbeelding-oë gebruik en my binneste woorde vat
om hom aan myself te beskryf.
Lê die een lettergreep sag en styf en meestal vraend
Teen my verhelmte.
Mos.
Klam en koud en dig en snaaks.
Vreemd snaaks.
Tog vreedsaam bekend en tog vreedsaam vredevol. Mos.
Dis mos net in nat plekke waar dit sal groei, groen plekke dig plekke en geheime plekke.
Mos-kind.
Mos-man.
Ek kan sien hoe ek my voete
Half bang en nuuskierig op die mos-tapyt sal neersit en lank bly staan asof mos bepeinsing en baie verstaan nodig het.
Weet nie of mos ‘n goeie ding is nie –
Die hart van mos.
Nat mos.
Soms verdor.
Mos-mens.
Is tog na al die tyd en seer
Steeds mos
Net
Mens.

© Paula van der Merwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s