Ons Verhoog U Naam


Ons Vader wat in die hemel is, die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is u Naam (Jesaja 57:15). Laat u Naam geheilig word in ons gemeenskap (Mattheus 6:9). U opdrag was nog altyd dat ons nie u Naam oneerbiedig mag gebruik en ontheilig nie (Eksodus.20:7; Levitikus.19:12; 24:16). Steeds word u Naam ontheilig onder die nasies en so het baie mense  U vergeet en na ander gode gedraai (Esegiël.36:23; Psalm.44:20) Ons bely dat ons u verordeninge oortree het. Ons bid en bely u Naam, en draai weg van ons sondes, wees ons genadig, hoor en genees ons (2 Kronieke 6:32,33). Mag u Naam geheilig word in die aanskouing van alle nasies sodat selfs u teenstanders sal erken dat u die Here is en hulle u Naam vrees (Esegiël.36:21,23; Jesaja 64:2; Psalm 102:15).

Here, ander here buiten U het oor ons gemeenskap geheers, maar deur U genade alleen prys ons nou ú Naam (Jesaja 26:13). Die begeerte van ons siel is om U naam te eer en aan te roep (Jesaja 26:8). Laat ons selfs in die nag dink aan u Naam, o Here en mediteer oor u grootheid (Psalm.119:55; Maleági.3:16). Verenig ons harte in u Naam sodat ons ons oortredinge sal agterlaat en u Naam sal aangryp en u nooit verlaat nie (Psalm.86:11; 2 Timoteus 2:19; Openbaringe 2:13; 3:8.) Wonderbaar is u Naam, soos salf wat uitgegiet is en aangenaam van geur, ‘n sterk toring en ‘n toevlug (Rigters13:18; Hooglied.1:3; Spreuke.18:10; Psalm.61:3).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s