God se Barmhartigheid en Genade


Barmhartige Vader, gee aseblief aandag aan ons gebede en smekinge vir barmhartigheid vir ons gemeenskap (1 Konings 8:28).  Want soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres, so is ons oë gerig op u totdat u ons genadig is(Psalm.123:2). Met vrymoedigheid nader ons tot u troon van genade, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word (Hebreers 4:16; Psalm 5:7; 6:9; 28:2).

Oorweldig ons met u barmhartighede; laat u goedertierenheid en u trou ons altyddeur behoed (Psalm.40:11). Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. U is goed en u goedertierenheid is van ewigheid tot ewigheid oor die wat u vrees; en u geregtigheid vir kindskinders vir die wat u verbond hou en aan u bevele dink en doen (Psalm.103;11,17; 106:1; Lukas 1:50).

U is ons barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou, at die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag (Eksodus 34:6-7).

U is goed, en u barmhartighede is oor al u werke (Psalm.145:9). Dit is u goedertierenheid dat ons nie omgekom het nie, want u barmhartighede het geen einde nie. Al het u bedroef, ontferm u u na die grootheid van u goedertierenhede (Klaagliedere.3:22,32).

In u heiligheid het verklaar : “Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.” (Eksodus.33:19; Romeine.9:16,18.) Oorweldig ons met u barmhartighede, O Here; mag u liefde en trou ons altyd beskerm (Psalm.40:11).

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s