Stiltetyd 4


Die vorige drie stukkies oor stiltetyd bly deel van jou stiltetyd en word dus oor en oor herhaal. Dit is soos ‘n verhouding wat groei en altyd seker aspekte bly bevat, maak nie saak hoe goed julle mekaar ken nie.

Die fokus skuif later na luister. Waar jy eers net jou ervarings met God gedeel het, leer jy nou om na God te luister. Jy begin jou stiltetyd dieselfde, maar maak dan tyd om te luister na wat God met jou wil deel.

o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
(Psalm 83:2)

Nooi God uit om te kom deel word van jou belewenisse.

Wees stil en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
(Psalm 46:11)

God se verwagting is dan dan jy moet still wees, weetende dat Hy die Almagtige is.

Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
(Psalm 37:7)

In jou stilte moet jy verwag dat God sal kom en met jou kom deel.

In hierdie tyd moet jy ook leer om te ondersky tussen jou wil en God se wil. Vra Hom om vir jou die verskille te wys en leer dan om God se wil raak te sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s