Stiltetyd 3


Stiltetyd moet groei tot ‘n verhouding met God. In hierdie verhouding is die persoon van God altyd by jou, maar jy maak daagliks tyd waar jy ‘n paar minute net saam met Hom spandeer.

Die volgende aspek van stiltetyd is “devotions“. Dit is waar jy afgesonder sit, gefokus op God en oor Sy goedheid en liefde in jou lewe besin. Jy kan ‘n paar verse gebruik om God se Liefde en Goedheid te beskryf.

Ek gaan die volgende paar verse gebruik as ‘n voorbeeld:

Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
(Mat 6:9-13)

Gebruik die eerste paar woorde “Ons Vader wat in die hemel is” en maak dit op jou self van toepassing en sê: “Here God wees my Vader”. Vra God om jou Vader te wees en dat Hy jou as Sy kind vertroetel, want Sy liefde vertroetel ons om dat ons kosbaar is in Sy oë. Dank Hom vir Sy Vaderskap en teenwoordigheid in jou lewe en nooi Hom om deel te wees van dinge in jou lewe.

(Soms bly jy lank by een gedagte en kan dit ook jou gebed word vir ‘n paar dae.)

Dan die volgende woorde “laat u Naam geheilig word” en sê “ek bring U eer en glorie, Heilig is u Naam oor die hele aarde”. Eer Hom vir Sy grootheid, liefde en alles wat Hy vir jou is.

So word daar dan op die selfde wyse deur al die verse gebid…

Kom lees gerus later Stiltetyd 4.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s