Stiltetyd 2


Ek glo jy het nou al ‘n plek van stilte gevind waar heen jy kan gaan om stiltetyd te hou. Hierdie is ‘n plek waar jy alleen kan wees sonder om gesteur te word, maar ook ‘n plek waar jy oop en eerlik met jouself kan wees. Hier deel en hanteer jy al jou gedagtes, seer, vrees, teleurstelling, sukses en vreugde.

In hierdie warboel van emosies en gedagtes moet God ook in genooi word. Jy kan bid en vra “Liefdevolle God en Vader kom en deel my ervaring van vandag saam met my.”

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)

Hier verduidelik Paulus baie mooi hoe jy dan die warboel van emosies en gedagtes met God deel. Vir ‘n bietjie meer detail hier oor, lees “Sorge en Laste

Kom loer later weer in en lees Stiltetyd 3

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s