Stiltetyd 1


Baie het al die vraag gevra oor hoe om stiltetyd te hou…

Miskien moet ons begin by wat (daaglikse) stiltetyd is. Dit is die proses waar jy as mens bewus word van God, jou afhanklikheid van Hom en Sy betrokkenheid in jou lewe. Daar is ook mense wat dit “bewuswording” of “alleentyd” noem, Dit is natuurlik iets waarna ons as mense daagliks moet streef.  Ons verstaan van stiltetyd het ons gevind by Jesus se handel en wandel soos hier gesien kan word:

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid tot jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
(Mat 6:6)

En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.
(Mar 6:46)

En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
(Mat 14:23)

Vind vir jouself ‘n plek van stilte waar jy stiltetyd kan hou.

Kom loer later weer in en lees Stiltetyd 2.