Is jy Dors?


Hoe lyk iemand wat werklik baie dors of honger is?

Dink aan iemand wat deur ‘n droë landstreek stap en smag na ‘n bietjie water en koelte. Mense wat ver gereis het en net hoop vir ‘n stop plek met koue drinkgoed en iets te ete… nie eers te praat van hongersnood en droogtes nie.

Smag jy na ander dinge soos hierdie mense smag na kos en water?
Wat is dit waar na jy so smag?
Waarna soek jy nog in hierdie lewe?

Glo jy dat daar nog ‘n kans is om jou honger of dors te les?

En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie. Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
(Johannes 6:32-38.)

Is daar is smagting na die vervulling van God se will in jou lewe?
Tog is dit wat Jesus van praat.

Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
(Johannes 4:34.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s