Oorlog in jou geledere…


Oorlog!!
Hoe hanteer ek nou hierdie gemors?

Verhoudings is baie meer kompleks as wat ons werklik verstaan. Baie mense neig terug na selfbeskerming en oorlewing sodra hulle moeg, moedeloos of geïrriteerd is. Die een persoon se aksie en reaksie is dan ‘n sneller vir jou wat dan ook reageer. Indien jy ook moeg, moedeloos of geïrriteerd is, is die neiging ook na selfbeskerming en oorlewing. Hierdie reaksies is gewoonlik baie meer aanvallend en negatief as wat nodig is en is dan net petrol op ‘n onbeheerde vuur.

In die huwelik is hierdie kompleksiteit baie sterker teenwoordig omdat die huweliksmaats dink dat hul eggenoot moet weet en verstaan hoe hulle voel. Dus is die misverstand van verkeerde reaksie nie die enigste probleem nie, maar ook die teleurstelling dat die een persoon wat moet verstaan, nie verstaan nie.

Emosies is baie sterk en dit is soms onmoontlik om die totale belewenis daarvan uit te druk in woorde. Wat natuurlik hierdie onvermoë om mekaar te verstaan vererger. Daar is paartjies wat dit wel goed regkry om so ‘n situasie te ontlont en deur te praat, maar by ander waar daar net harder en harder geskreeu word sonder sukses.

Eerstens moet daar gekyk word na jou eie emosies. Is dit goed, sleg of neutraal..? Nee, moet dit asseblief tog net nie versteek, ontken of gaan begrawe nie. Emosies het ‘n doel en moet dus hanteer word as ‘n boodskap of waarskuwing dat iets aan die gebeur is, of gebeur het. Hoe gouer die emosies hanteer word, hoe kleiner is die kans dat dit begrawe word – herhaaldelike ontkenning daarvan veroorsaak dat dit begrawe word.

Emosies moet ontleed en onderskei word. Dit kan nogal ‘n moeilike proses wees. Die maklikste om dit te verduidelik is om jou dag te ontleed. Trek vir jou ‘n grafiek op ‘n blokkiespapier. Die vertikale as is hoe jy voel, bo is 100% baie goed, onder is 0% baie sleg. Horisontale as stel tyd voor. Begin met hoe jy wakker geword het en dui op die grafiek aan wat jou belewenis van die dag was. Hoe jy emosioneel gevoel het en wat jou energie vlak op daardie stadium was.

Sodra jy ‘n baie positiewe of negatiewe ervaring gehad het, dui dit dan op die grafiek aan – hoe jy emosioneel gevoel het en wat jou energie vlak op daardie stadium was. Probeer ook die emosie wat jy as gevolg daarvan beleef het te noem. Gee dus ‘n naam vir wat jy voel, soos hartseer, teleurgesteld, verwerp, bly, opgewonde, ens. Jou emosies en energie vlakke van die res van die dag is dus nie die probleem nie, maar die verwerping of teleurstelling wat dit begin het (sneller situasie).

grafiek

Nou kan jy bepaal waar jou emosie en energie vlakke begin afneem of toeneem het en wat die situasie of gebeurtenis was wat jou emosies en energie vlakke laat daal of styg het. Nou kan jy vir jouself en jou huweliksmaat verwoord wat jou goeie en slegte punt in die dag was en dit is makliker om deur die probleme te praat sonder om oorlog te verklaar, want jy weet nou vir wie jy eintlik kwaad is en deur daaroor te praat kry jy perspektief en bring jy jou emosies onder beheer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s