TRUST IN THE LORD


Humanity’s insight and wisdom about life is deafening.
Medicine and technology are advanced.
Information and knowledge is freely available on the internet.
We can do everything for ourselves.

There is no more room for God!

We are so focused on the world around us that we no longer notice God, and we no longer think about Him and His word. Everything around us has become so important that there is no place for God in or around us. This is idolatry.

Baasha, the king of Israel, attacked Judah and strengthened Ramah to prevent Asa, the king of Judah, from going out or entering. Asa then sent gold and silver to Ben-hadad, the king of Aram, to help them out. He said: ‘let there be a treaty between me and you, I give you gold and silver and you break your agreement with Israel and attack the Israelite cities’. Baesa stopped everything when he heard his cities were being attacked and returned to Israel.

Hanani the prophet came to Asa, and said: You will never overcome Ben-Hadad and all his army, because you trusted in Aram and not in the LORD your God. Lubim and Ethiopia were great and besieged Judah, but the LORD gave them to you because you trusted in Him. The eyes of the LORD roam throughout the whole earth to powerfully assist those whose hearts are wholly His. In this you acted foolishly. Asa lost his temper and imprisoned Hanani the prophet. From then on, Asa mistreated some of the population.

A disease of the foot struck Asa and despite this serious disease, he chose to seek treatment from the doctors rather than from the LORD. He died three years later.
(Summary from 2 Chronicles 16:1-14)

Do you trust in the Lord?

The LORD’s eyes travel over the whole earth to powerfully assist those whose hearts are wholly His (2 Chronicles 16:9).

A Psalm of David.
Aleph. Do not be angry with evildoers, do not envy them who do wrong;
for like grass they will soon wither, and like green sprouts of grass they will wither.
Bet. Trust in the LORD, and do what is good; inhabit the earth and practice faithfulness,
and delight yourself in the LORD; then He will give you the desires of your heart.
Gimel. Commit your way to the LORD and trust in Him, and He will carry it out;
and He will make your righteousness come forth like the light and your justice like the noonday sun.
(Psalms 37:1-6)

We must come to a place where our hearts, our being, are wholly His. We must focus on Him, He who is the beginning and end of our faith (Hebrews 12:2). We must become intimate with Him, share everything with Him (Philippians 4:6), the good, the bad and the ugly (that which sometimes cannot even be put into words). This is where we grow in our trust and intimacy with Him.

To be intimate is to be detailed, inner, close, familiar and personal. In our walk with God we must become intimate with Him. It is not possible to just have intimacy, it takes time and effort, but it grows deeper and deeper as we learn to make Him part of everything. When intimacy is true and real, it becomes worship and this worship and intimacy towards Him only becomes more and more. Your walk with God teaches you that you need Him more than anything else.

We need God and then oxygen, in that particular order (Luana Bekker).

Oswald Chambers explains it this way:
It is possible to know everything about doctrine and not know Jesus. The soul is in danger when knowledge of doctrine surpasses intimate contact with Jesus. Why did Mary weep at Jesus’ tomb? Doctrine was nothing more to Maria than the grass under her feet. Mary “saw Jesus standing and did not know that it was Jesus…”; but when she heard the voice, she knew who the One who spoke was. “Master!” she responded…

Peter denied Jesus Christ with oaths and curses, and yet Jesus appeared to Peter alone after the Resurrection. He restored him in private, then He restored him in front of the others. “Lord, You know that I love You.” he responded… (My Utmost for His Highest. August 16. Copyright © 1935).

We are totally and utterly depended on God and the sooner we realise this the better…

…God designed the human machine to run on God Himself.
(Mere Christianity. P.50 2002 Ed. Copyright © 1942).

VERTROU OP DIE HERE


Die mensdom se insig en wysheid oor die lewe is oorverdowend.
Medici en tegnologie is vergevorderd.
Inligting en informasie is vrylik op die internet beskikbaar.
Ons kan alles vir ons self doen.

Daar is nie meer plek vir God nie!

Ons is so gefokus op die wêreld om ons dat ons nie meer vir God raak sien nie, en ons ook nie meer aan Hom en Sy woord dink nie. Alles om ons het so belangrik geword dat daar geen plek vir God in of om ons is nie. Dit is mos afgodsaanbidding.

Baesa, die koning van Israel, het Juda aangeval en Rama versterk om te keer dat Asa, die koning van Juda, uit- of ingaan. Asa stuur toe goud en silwer na Ben-Hadad, die koning van Aram, om hulle uit te help. Hy het gesê: ‘laat daar ‘n verdrag tussen my en jou wees, ek gee vir jou goud en silwer en jy verbreek jou ooreenkoms met Israel en val die Israelitiese stede aan. Baesa het alles gestop toe hy hoor sy stede word aangeval en keer terug na Israel.

Hanani die profeet het na Asa gekom, en gesê: Jy sal nooit Ben-Hadad en sy hele leër oorwin nie, want jy het op Aram vertrou en nie op die HERE jou God nie. Lubim en Ethiopië was groot en het Juda beleër, maar die HERE het hulle vir jou gegee omdat jy op Hom vertrou het. Die HERE se oë deurkruis die hele aarde om diegene wie se harte geheel en al syne is, kragtig by te staan. Hierin het jy dwaas opgetree. Asa het sy humeur verloor en vir Hanani die profeet in die tronk gesit. Van toe af het Asa sommige van die bevolking mishandel.

‘n Siekte in sy voet het Asa getref en ten spyte van hierdie ernstige siekte, het hy verkies om behandeling by die dokters te soek eerder as by die HERE. Hy het drie jaar later afgesterf.
(Opgesom uit 2 Kronieke 16:1-14)

Vertrou jy op die Here?

Die HERE se oë deurkruis die hele aarde om diegene wie se harte geheel en al Syne is, kragtig by te staan (2 Kronieke 16:9).

‘n Psalm van Dawid.
Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middagson.
(Psalms 37:1-6)

Ons moet op ‘n plek kom waar ons harte, ons wese geheel en al Syne is. Ons moet op Hom fokus, Hy wat die begin en einde van ons geloof is (Hebreërs 12:2). Ons moet intiem raak met Hom, ons alles met Hom deel (Filippense 4:6), die goeie, die slegte en die verskriklike (dit wat soms nie eers bewoord kan word nie). Dit is hier waar ons groei in ons vertroue en intimiteit met Hom.

Om intiem te wees is om gedetailleerd, innerlik, naby, bekend en persoonlik te wees. In ons wandel met God moet ons intiem met Hom raak. Dit is nie moontlik om intimiteit net te hê nie, dit verg tyd en inspanning, maar dit groei dieper en dieper soos ons leer om Hom deel van alles te maak. Wanneer intimiteit waar en eg is, word dit aanbidding en hierdie aanbidding en intimiteit teenoor Hom word net meer en meer. Jou wandel met God leer jou dat jy Hom meer as enigiets anders nodig het.

Ons het God en dan suurstof nodig, in daardie spesifieke volgorde
(Luana Bekker).

Oswald Chambers verduidelik dit so:

Dit is moontlik om alles van leerstellings te weet en nie Jesus te ken nie. Die siel is in gevaar wanneer kennis van leerstellings die intieme aanraking met Jesus oortref. Waarom het Maria by Jesus se graf geween? Leerstelling was vir Maria niks meer as die gras onder haar voete nie. Maria “het Jesus sien staan en het nie geweet dat dit Jesus was nie…“; maar toe sy die stem gehoor het, het sy geweet wie die Een wat gepraat het is. “Meester!” het sy gereageer…

Petrus het Jesus Christus met ede en vloeke verloën, en tog het Jesus na die Opstanding aan Petrus alleen verskyn. Hy het hom in privaatheid herstel, daarna het Hy hom voor die ander herstel. “Here, U weet dat ek U liefhet.” het hy gereageer…
(My Utmost for His Highest. 16 August. Copyright © 1935).

Ons is totaal en al afhanklik van God en hoe gouer ons dit besef hoe beter…

God designed the human machine to run on God Himself.
(Mere Christianity. P.50 2002 Ed. Copyright © 1942).

Gratitude


Gratitude is a very important part of one’s life and if one does not live in gratitude the result is constant dissatisfaction with everything in life. It is possible to live in gratitude and even you will be able to do it if you dig a little deeper into your life. It starts by being grateful for those things that you don’t need to worry about on a daily basis. Let’s name a few: House, Food, Clothes, Bed to sleep in, Good relations with family and friends, Health, Money in the bank, Opportunities to work, learn and even teach others.

Always be happy;
pray without ceasing;
be grateful in all circumstances;
for this is God’s will for you in Christ Jesus.
Do not quench the Spirit;
do not underestimate prophecies,
but examine all things; keep the good;
avoid every form of evil.
(1 Thessalonians 5:16-22)

Persevere in prayer. Be vigilant
and grateful if you pray.
(Colossians 4:2)

Therefore, as we receive an unshakable kingdom,
let us be thankful and thereby serve God in a pleasing manner,
with reverent submission and awe.
(Hebrews 12:28)

Van Bedrywigheid tot Getrouheid


Die subtiele plan van die vyand is bedrywigheid. Om jou besig te hou met dit wat jou weerhou van die werklike, ware en doelgerigte aktiwiteite.

Ons moet fokus op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2), want Hy weet wat ons is en wat ons nodig het, en sal ons dus tot sukses kan lei. Met ons oë op Hom gevestig sal ons bedrywigheid in getrouheid kan verander.

Verwagtend


“Want ek meen dat die lyding van hierdie teenwoordige tyd nie vergelykbaar is met die heerlikheid wat in ons geopenbaar sal word nie. Want die ernstige verwagting van die skepping wag gretig op die openbaarmaking van die seuns van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderwerp, nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit in hoop onderwerp het; want ook die skepping self sal verlos word van die slawerny van die verganklikheid tot die heerlike vryheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tot nou toe saam kreun en swoeg met geboortepyne. Nie alleen dit nie, maar ook ons wat die eerstelinge van die Gees het, selfs ons sug self in onsself en wag gretig op die aanneming, die verlossing van ons liggaam. Want ons is gered in hierdie hoop, maar hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want hoekom hoop ‘n mens nog op wat hy sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons gretig daarop met volharding.”
(Romeine 8:18-25)

Dark times


The last days are referred to in multiple places as dark times. It is in dark times where the light of good works shines the brightest and God is glorified through them. Complaining and disputing dims the light of good works and makes us look no different than the world.

Let your light so shine before men, that they may see your good works and glorify your Father in heaven.

Matthew 5:16

The Living Word


The simple answer for this world is not law and politics, because it has been proven to fail us. The only answer is Christ Jesus. He is the One interceding for us and we are to live Him out toward the world around us. More laws only creates more law offenders. The only way to overcome the power of law and sin is to have the laws engraved on our hearts (Jeremiah 31:31-34) and to put our trust in Jesus Christ. It is then that we are enabled through the Holy Spirit to live Christ.

The word Christians was actually used as a mockery to lable the idiots trying to be like Jesus and the meaning of this word is little Christs. It caught on because that is what we are actually called to be.

Judaism makes it clear that this world will be saved and allow the Messiah to come when most people on this planet read, study and live the Torah. Torah is the sum total of God’s will and God’s law in Judaism. Torah is the first five books of the Bible also known as the books of Moses and some Rabbi’s also called it the word of God. 1 John 1 explains that Jesus is the word of God whom became flesh and lived among us. So it is the same idea of living the word. We as Christians need to live Jesus, the Word of God.

Living the Word of God is the only way to bring actual change in this world. When everyone, claiming to be Christian, will stop all their nonsense and start living as little Christs this world will not be able to resist the power and change that follows.

STREEF DAARNA OM ALLE SONDES TE VERMY


‘Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie!

Paulus verduidelik aan die Korintiërs wat dit beteken om aan God te behoort. Hy maak dit duidelik dat mense wat ’n sondige lewe lei, nie die koningkryk van God kan beërwe nie. Sulke mense sal dus nie kan wees waar God Koning is nie.

Ons moet onsself nie mislei nie, en ook nie toelaat dat ander mense ons mislei nie. Sonde bring skeiding tussen God en mens en so ook bring sonde skeiding tussen mense. Dus is sonde ‘n vernietigende krag wat eerstens verhoudings vernietig en dan ook ander dinge in die lewe vernietig.

Wanneer ons by mense kuier en daar is iets wat ons ongemaklik maak, dan wil ons sommer die kuier kort knip sodat ons nie die ongemak verder hoef te verduur nie. Soms praat mense oor dinge wat ons nie van hou of mee saam stem nie. Dit kan ook mense se gedrag, kleredrag, musiek of huislike omstandighede wees wat die ongemak veroorsaak. Ons kan en wil nie aanhoudend daaraan blootgestel word nie. So ook is dit met die Gees van God wat binne in ons woon.

Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

As ons aanhou sondig en nie toelaat dat die Woord en die Gees van God ons skoon was nie, dan kan die Gees van God nie by ons bly nie. God is heilig en kan nie in eenheid wees met onheiligheid nie.

Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

Ek hoop dat jy nou beter verstaan hoe sonde skeiding bring en verhoudings vernietig.

Ons moet dus streef daarna om alle sonde te vermy. Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het mekaar nodig, en die woord en Gees van God (Efésiërs 5:26).

‘Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam. En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag. Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.’

(I KORINTHIËRS 6:9-20).

As gevolg van Sonde…


Sjoe, ja… Ons wêreld is maar lekker deurmekaar, nie agv ‘n spesifiek groep mense nie, maar agv sonde. GOD is die voorsiening wat ons nodig het en die bron van ewige waarheid en lewe…

As ons moet afdaal na sonde en onheilige optredes vir finansiële vooruitgang of om ons autoriteit of menswaardigheid te bewys, is dit werklik nie die moeite werd nie!

Dit het meer te doen met hardkoppigheid en selfsug. God het die mense slegs toegelaat om te skei weens hierdie rede, maar dit was nooit deel van Sy plan nie (Matteus 19:5 – 9). Dus is daar seker dinge wat ons mense sien as iets wat toelaatbaar is, maar dit is en was nooit deel van God se plan vir ons nie.

Dit is slegs die Gees van God wat hardkoppigheid kan oorwin. Dit is ons verantwoordelikheid om ander bewus te maak daarvan en dan vir God kans te gee om te werk… (Esegiël 36:25 – 27).

Die gevolg is dat mense dink dat God se reëls van situasie tot situasie verander. Die een kom 5min laat vir werk en die ander een ure, maar albei is steeds laat vir werk. Die een persoon vat ‘n pen se doppie en ‘n ander een ‘n hele pennesakkie, albei het gesteel.

Dit is waarom Romeine kan sê dat almal gesondig het…

God is heilig en het nie verander nie. Hy kan nie met onheiligheid wees nie, daarom moes Jesus kom en sterf as volmaakte offer.

Daar is natuurlik genade, berou en vergiffenis, maar ons kan nie op dit staan en as verskoning gebruik om steeds te sondig nie (1 Petrus 2:16). Die hele wêreld val uitmekaar agv hierdie denkwyse.

Almal moet dus streef na volmaaktheid om so doende minder en minder te sondig.

Blessed New Year


The Life-Giver