Lewe jy of survive jy net?


Daar is seker nie woorde om die verwagting van hierdie lewe korrek te beskryf nie, maar ek dink dit is heeltemal belaglik. Die mens word nie meer respekteer nie, slegs dit wat hy of sy kan doen. As jy nie goed genoeg is nie word jy net uitgewerk en ‘n ander moet nou “perform”. Dus is jou “performance” belangriker as jy.

By die werk is jy maar net ‘n masjien wat al vinniger en harder moet werk, maar niks daaruit kry nie. ‘n Masjien wat nooit gediens word of herstel word nie, want daar is nooit genoeg “down time” om die masjien af te skakel en behoorlik te diens nie. So word die kwaliteit en spoed wat die masjien lewer al minder en minder. Die werklas word al hoër en hoër…

Ja, selfs al is daar maatskaplikewerkers en sielkundiges wat die masjien diens of kan diens bly die tyd faktor ‘n probleem.

Kom die masjien by die huis… is dit dood.
Daar is niks wat jy in die huishouding kan gee nie.
Dood en oorwerk.
Liefde en vrede so ver weg verwyder dat jy dit nie meer kan sien nie.
Jy het absoluut niks wat jy aan jou kinders en jou huweliksmaat kan gee nie.
Hulle vrae en verwagtings is eers ‘n irritasie en dan ‘n emosionele storm.
Jy voel hoe dit jou tot kookpunt dryf en daar is geen uitkoms nie.

BOOM!!!!

Jy ontplof. Jou kinders en huweliksmaat verpletter. Die skrapnel van die oorwerkte masjien wat se ratte en krinkas net nie meer kon voort beur nie… iets het erns vas gehak… die masjien het uitmekaar gespat… die hele wêreld om jou verwoes.

Jou gedagtes nou op hol: “Ek is ‘n slegte huweliksmaat en selfs ‘n slegter ouer, kyk hoe het ek my geliefdes vernietig!!! Ek sal nooit weer kan heelmaak wat ek vandag gebreek het nie…”

Dan hoor jy ‘n sagte stem wat roep “Kom na my toe, jy wat so uitgeput en oorlaai is, want Ek wil jou rus gee, jou vertroetel en vir jou lief wees…”

Jy onthou en jou siel roep uit na Hom soos ‘n gil wat selfs jou laat skrik.
“Here hier is ek!!!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s