Oor Afrika


Ons het nodig om hierdie geestelike dinge met mekaar te deel en mekaar te stig in die werk van God. Hy is ons Here en alle eer kom Hom toe. Daar is wonderlike dinge wat in my gees aan die gang is en ek stem saam dat dit ‘n wonderwerk van vernuwing gaan wees wat die hele Afrika gaan omskep in ‘n heilige stad tot eer van God.

Ek het het al ‘n paarkeer gesien hoe ‘n lig aan die suidpunt van Afrika al helderder brand en noord skyn, nog helderder en helderder tot dat die hele Afrika verlig is. Ek het ook God gevra wat dit beteken en wat gaan gebeur. Ek het toe ‘n groot glasbak bokant Afrika gesien gevul met donker swart vrot vloeistof. ‘n Groot glasbeker “pitcher”
gevul met olie in die hand van God is toe in hierdie vuil glasbak geskink. Die swart vuil en vrot het uit die glasbak begin vloei oor Afrika. Die olie het bly vloei uit die glasbeker en die vloeistof in die glasbak het al helderder geword tot dat die glasbak gevul was met net olie en die olie ook uit die glasbak oor Afrika begin vloei het.

So het God ook deur Sy werk in Afrika Afrika geheilig om hierdie werk voort te sit. Al die rykdom en bereidheid wat in Afrika gevind is gaan God ophef as die Koning van Konings en die Here van here!!! Die hele aarde gaan hierdeur verander word… wat gaan lei tot oorloe en magstryte… Tog is Hy steeds in beheer en moet ons streef om Sy wil altyd na te volg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s