Ewige en onfeilbare Here, Sterfling vir my,
sodoende voldoen aan my sonde skuld;
U offer van vergiffenis volmaak.Skenk aan my die krag om ook ander te vergewe,
hulle vry te spreek van oortredinge teenoor my,
sodat ek waarlik die vrug van die Gees kan lewe.
Vernietig dan alle herhalende gevoelens van haat,
en help my om elke oortreding finaal af te sluit,
terwyl ek hierdie pad van geregtigheid bly stap.Vergewe my ook my sondes,
soos ek ook streef om ander te vergewe.
Ek bid dit slegs deur u,
my volmaakte voorbeeld van vergiffenis,Amen.
Dankie Gawie,
Dis 100% so.
Geseende naweek.
LikeLike
Hi Thomas. Ek het jou gebed vir vergiffenis so mooi gevind. Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek het dit op my site gepos wat jy onder my naam sal kry.
Gods Rykste seen.
Geseende Paasnaweek.
LikeLike