Bybel op jou Selfoon en Rekenaar


Kliek hier vir: SELFOON BYBELS

Kliek hier vir: BYBEL OP JOU REKENAAR

 


 

61 gedagtes oor “Bybel op jou Selfoon en Rekenaar”

  1. Hi. ek is Marina ek wil baie graag die volledige bybel in afrikaans op my selfoon aflaai ( gratis Bybel ) kan dit net nie reg kry, ek het n’ Samsung S3 Mini

    Like

  2. Naand Lettie,

    Die beste om af te laai is youversion.
    Dit het die 1953 en 1983 vertalings asook die boodskap en die nuwe lewende vertaling.

    Gaan met jou foon na youversion.com Installeer die youversion program. Nadat jy youversion installeer het kliek regs bo op die NIV of KJV blokkie. ‘N lys van vertalings sal verskyn. Kliek op “english” en kies dan Afrikaans…
    Kliek dan op die 1953 vertaling.

    Hoop jy kom nou reg.

    Thomas

    Like

  3. Ek wil so graag die gratis Bybel aflaai. Die 1933/53 vertaling volledige Bybel. Sal dit waardeer as u my daarmee kan help. Baie dankie. Die HERE seên u

    Like

  4. Plse help me to download the 1933/53 the full bible in Afrikaans on my selphone for free. Thanks and GOD BLEsS

    Like

  5. Charmaine,
    Die beste om af te laai is youversion.
    Dit het die 1953 en 1983 vertalings asook die boodskap en die nuwe lewende vertaling.

    Nadat jy youversion installeer het kliek regs bo op die NIV of KJV blokkie. ‘N lys van vertalings sal verskyn. Kliek op “english” en kies dan afrikaans…

    Hoop dit help!

    Like

  6. Hi, Ek het reeds die e-sword program op my rekenaar en wil graag ‘n paar Bybel vertalings aflaai om te gebruik. Kan jy vir my asseblief die presiese link gee, waar ek die Bybels kan aflaai? Die e-sword program is ‘n wonderlike program om te gebruik, en maklik.
    Ek het van tevore (jaar 2009) die e-sword program met my keuses van Bybels afgelaai en gebruik, maar het als verloor deurdat mense my rekenaar probeer herstel het, en die programme nie weer terug geplaas het nie. Ek het self op e-sword die downloads gaan soek, maar was nie suksesvol nie.
    Ek sal bly wees dat jy my kan help.
    Blessings. Wilna

    Like

  7. Ek het nie ‘n wye reeks samsung fone nie, dus kan ek nie die Bybelsagteware daarop toets nie. Enige van julle wat kan help met Bybelsagteware wat werk op samsung, ons het jul hulp nodig!

    Like

  8. Is daar miskien ‘n ander android bybel vir die samsang 10.1 note? Ek verskeie kere al probeer aflaai, sonder sukses. Ek het reeds ‘n android bybel op galaxy s2 en dit werk goed. Hoop iemand kan help. Groete Wim Jeffreysbaai

    Like

  9. Daar is 1933/53 Afrikaanse weergawe op youversion. Maak jou youversion program oop as Bybel klaar oop is sal die weergawe afkorting regsbo of regs onder wees bv. KJV.
    Kliek op die afkorting en ‘n nuwe bladsy maak oop. Eerste opskrif is “recently use” en volgende “English”, kliek op “English”. Nuwe bladsy maak oop met meer taal keuses, kies Afrikaans en dan sal al die Afrikanse vertalings sigbaar wees waarvan jy kan kies.

    Hoop jy kom reg!

    Like

  10. Is daar iewers ‘n 1933 /53 afrikaanse elektroniese bybel beskikbaar – ek kry nie een oo youversion nie. Dankie vir advies

    Like

  11. Isak, ek kon nog nie uitvind hoekom die android weergawe van youversion nie reg werk op jou foon nie. Ek sal jou op hoogte hou. Laat weet ook as jy reggekom het.

    Like

  12. liewe heer/dame. Ek gebruik n samsung galaxy pocket en kry ni di bybel op my selfoon afgelaai ni. Ek ht alles probeer selfs di android maar niks wil werk ni. hoe nou gemaak?

    Like

  13. Beste Nico

    Ek beantwoord graag jou vraag wat ons via die Gereformeerde Kerke groep bereik het.

    Het die Bybelgenootskap al ‘n Bybel in Kindle formaat beskikbaar?

    Met die bekendstelling van ons e-Bybels vir Kalahari.net in Julie 2011 het ons uiteraard ook die Bybel in verskeie tale gereed gehad om op Amazon te publiseer (in Kindle formaat). Soos jy seker weet is Amazon die enigste platform waar ons die Kindle formaat met die nodige DRM (Digital Rights Management) kan publiseer.

    Na die laai van die leërs het Amazon dit hersien en laat weet dat hulle platform (met DRM) op hierdie stadium nog nie Afrikaans as taal ondersteun nie (en uiteraard ook nie ons ander tale nie). Dit is vir ons baie teleurstellend en self het ons ook baie navrae daarvoor, maar wees verseker daarvan dat ons voortdurend met Amazon in gesprek is en opvolg in ‘n poging om die Bybel gelaai te kry.

    Wat betref individue wat graag die Bybel op hulle slimfone of rekenaars wil lees is onderskeidelik die YouVersion modules en die e-pub wat by Kalahari.net beskikbaar is die beste opsies om te oorweeg.

    Indien jy in die toekoms weer navrae rondom elektroniese beskikbaarheid kry is jy welkom om direk by my navraag te doen.
    Vriendelike groete

    Ilse van dyk
    Kopieregbestuurder
    Publikasies en Bybelprogramme
    Bybelgenootskap van Suid-Afrika

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s