Die Koninkryk van God (4)


Die Psalm skrywers het natuurlik ook geweet hoe om in God se teenwoordigheid te kom, en ook hoe om deel te wees van Sy koninkryk. Daar is ‘n paar Psalms wat dit baie mooi beskryf soos byvoorbeeld:

‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
(Psalms 100:1-5).

Hierdie skrywers het ook geweet hoe om ingang tot die Koninkryk van God te kry, met lof, blydskap, jubel en lofgesange…

Ons wêreld het baie dinge wat ons kan weg lei en ook verlei sodat ons gladnie meer die Koninkryk van God raak sien nie, maar deur lofoffers, lofgesange, dank en blydskap in Hom – ons Koning, gaan ons oë en ore weer oop en ons sien en hoor…

Dit is dus duidelik dat hierdie koninkryk aktief en lewend is en ons mense deel daarvan word alleenlik as ons aktief daarin lewe.

Daarom is identiteit so baie belangrik, Hy het vir ons betaal ons vrygekoop en ons Syne gemaak. Ons ontdekking van onsself in Hom is ‘n daaglikse belewenis van Hom en Sy koninkryk – ‘n aktiewe belewenis van wie ons werklik is en hoe en waarom Hy ons geskape het! Identiteit in Hom is lewe en ‘n daaglikse ontdekking van volkome lewe wat slegs in Hom gevind kan word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s