Die Koninkryk van God (3)


Jesus het gesê:

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie…     Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
(Johannes 3:3+5).

Hier is dit duidelik dat ‘n nuutheid, ‘n nuwe lewe benodig word om die koninkryk van God te kan sien, om nie eers te praat van ingang of toegang nie.

…Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.
(Matthéüs 13:31-32).

Duidelik is die koninkryk baie klein en amper nie sigbaar nie, maar die wat nuut gebore is, is in staat om hierdie amper onsigbare saadjie te vind. As jy hierdie saadjie dan plant in die tuin van jou hart word dit ‘n boom van lewe – vir jou en vir die waarmee jy in aanraking kom. Hierdie saadjie wat jy in jou hart geplant het, het dus toegang in jou gevind en hierdeur vind jy toegang tot die koninkryk van God.

Jesus het gesê:

…Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
(Lukas 17:20-21).

Dit is hoe ons koninkryk lewe en dit is hoe God self by ons kom woon…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s