Hoe wonderlik is dit om U te ken as ons Vader,
Heilig is u Naam oor die ganse aarde.
Deur ons gebed nooi ons U nader,
Want in u alleen het ons werklik waarde.
Dankie Hemel Vader vir ons Land Suid Afrika,
Ek bid u sëen, liefde en beskerming oor haar.
Skenk ons u lewe in oorvloed, O Heer!
Stuur ons u lig en u waarheid,
Laat diè ons lei en bring,
Na u heilige berg en na u wonings.
Hemel Vader, sëen ons land Suid Afrika,
Stort u Heilige Gees oor haar.
Wees u ons lewe, O Heer,
diè lewe – ons lig en waarheid!
Laat diè ons in u koninkryk bring,
as u heilige heersers en konings.
Laat u koninkryk kom,
Laat u wil geskied,
Soos in die Hemel,
So ook in Afrika!
Hoe wonderlik is u naam, O Vader,
Hoe groot is u naam in die ganse aarde!
Want aan u behoort alles wat lewe,
Ons Skepper, Koning en Here!
© Thomas Dreyer