Die Koninkryk van God (2)


Ek is nog steeds besig om te mediteer oor die Koninkryk van God. Ongelukkig het net twee mense gewaag om iets daaroor te sê:
TruthSeeker:

Ek verstaan Koninkryk as die handel en wandel van God, dit is dus ‘n goddelike manier om dinge te doen.

“Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou…” (Psalm 25:10).

God se handel en wandel volgens Dawid is ‘goedertierenheid en trou’ en so verwag God ook die selfde van ons.

In Hosea is daar ‘n aanklag teen die volk: “Israeliete, luister na die woord van die Here, want Hy kla die inwoners van die land aan: Omdat trou, goedertierenheid en toewyding aan die wil van God in die land ontbreek, ” (Hosea 4:1). Dus glo ek dat deel van Koninkryk is om ‘goedertierenheid en trou’ uit te leef…

Jesus het dan gesê: “…Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom“, dus Sy ‘goeie’ werke het die Koninkryk laat kom!!!

en

Wolliem:

Wat my kommer, is dat meeste mense verwag om na die Koninkryk toe te gaan wanneer hulle die tydelike met die ewiglike verwissel, terwyl die Koninkryk in hierdie lewe na hulle toe moet kom.
Waaruit bestaan die Koninkryk wat na my toe moet kom?
Hoe gaan dit na my toe kom?

Dit is wat die Koninkryk is – iets wat ons NOU moet ontvang, nie as ons eendag “doodgaan” nie.

Hierdie Koninkryk word gekenmerk deur liefde, geregtigheid, vrede en vreugde.

Dit is dalk moeilik om te beskryf hoe dit na ‘n mens toe kom, maar ek is seker dat ‘n lewe van liefde, gehoorsaamheid en geloof mens deel maak van hierdie Koninkryk. Jesus het tog gesê dat die koninkryk binne ons is…

Wolliem:

Toe die Bokke gewen het, het ek vrede , vreugde ervaar en ek is lief vir rugby en my span en dink ook geregtigheid het geskied, maar dit was in rugby en nie in die Heilige Gees nie.
Ek dink, om die Koninkryk te laat kom, is dit nodig dat ek my liggaam gee as ‘n redelike en welgevallige offer (wat dit ook al beteken), vir God se dienswerke, sodat God my kan gebruik. Dan sal ek God se krag en heerlikheid ervaar, omdat die Koninkryk nie met sigbare tekens kom nie. Hierdie moet als plaasvind, terwyl ek die vrugte van die Gees openbaar.

Natuurlik is die Koninkryk van God liefde, geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees…

Tog is dit wat Wolliem noem so waar, meeste mense dink dat hulle belewenis (soos die rugby) die geskenk (gawe) is wat God aan ons kom gee, maar dit is heeltemal verkeerd want die Heilige Gees is die geskenk (gawe) wat God aan ons gegee het.

Ek stem met Wolliem en TruthSeeker saam, om die Koninkryk van God te laat kom hier waar ek is, moet ek my liggaam gee as ‘n redelike en welgevallige offer. Hierdie offer is gehoorsaamheid. As ek gehoorsaam is dan kan God my gebruik vir Sy dienswerk. In hierdie gehoorsaamheid groei ek ook tot ‘n volwasse boom wat goeie vrug dra.

Ek voel net dat daar nog baie meer is en dat ek sal bly vra en soek om hierdie konsep van die Koninkryk van God beter te verstaan.

Dan wil ek saam met Attie bly bid vir

‘n wêreld sonder al hierdie pyn en seer en vry van al hierdie misdaad – kom ons bid vir hemel op aarde wanneer God self by ons sal kom bly…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s