Ek wil graag meer weet en beter verstaan… (Koninkryk 1)


Wat is die Koninkryk van God?

Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het “…soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid…”?

Wat beteken dit om jou kruis op te neem?

Wat is die juk wat Jesus sê ons moet opneem?

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Matt.6:33).

En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
(Matt.10:38).

Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
(Matt.16:24).

En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
(Mar.8:34).

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
(Luk.9:23).

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
(Matt.11:29-30).

One thought on “Ek wil graag meer weet en beter verstaan… (Koninkryk 1)”

  1. Ek verstaan Koninkryk as die handel en wandel van God, dit is dus ‘n goddelike manier om dinge te doen.

    Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou…” (Psalm 25:10).

    God se handel en wandel volgens Dawid is ‘goedertierenheid en trou’ en so verwag God ook die selfde van ons.

    In Hosea is daar ‘n aanklag teen die volk: “Israeliete, luister na die woord van die Here, want Hy kla die inwoners van die land aan: Omdat trou, goedertierenheid en toewyding aan die wil van God in die land ontbreek, ” (Hosea 4:1). Dus glo ek dat deel van Koninkryk is om ‘goedertierenheid en trou’ uit te leef…

    Jesus het dan gesê: “…Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom“, dus Sy ‘goeie’ werke het die Koninkryk laat kom!!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s