Gesindheid van Eenheid


Jesus het dit vir ons baie duidelik gemaak dat ons herken moet word as Syne. As ons gekies het om volkome vir Hom te lewe dan moet dit in ons sigbaar wees.

Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo, dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
(Johannes 17:20-21).

Dit is vir ons amper onmoontlik om te aanvaar dat hierdie eenheid kan of moet plaasvind, maar tog is dit deel van God se plan gewees en ook hoekom Jesus die pad van geboorte, lewe en dood aan die kruis moes stap. Deur Sy opstanding is dit vir elkeen van ons moontlik gemaak om hierdie pad van eenheid te kan stap. Ja, dit is nie maklik nie, maar daarom het die Vader die Heilige Gees gestuur om ons by te staan. Ons moet nie hierdie dinge met ons menslike verstand probeer verstaan nie, want dit is ‘n geestelike eenheid wat ons slegs in die Heilige Gees kan ontvang en begryp.

True discernment calls us beyond the well-tended gardens of conventional religious wisdom to the margin between the known and the unknown, the domesticated and the wild. We incur risk any time we place ourselves in the presence of that which exists beyond our control (John S. Mogabgab).

Hierdie eenheid vind plaas in die volheid van die liefde in Christus Jesus.

As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
(Philippians 2:1-4).

Hierdie volgende waardes moet gevrom word in elkeen van ons sodat ons eensgesind sal wees en in eenheid tot Gods eer sal lewe.

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
(Philippians 2:5-11).

Hierdeur kan God ons verander om tot Sy eer te lewe…

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
(Philippians 2:1-13).

Wat dink jy van hierdie proses van verandering?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s