Hemelse Vader,
ek bid vir ons land Suid Afrika,
seën ons, as ‘n nasie en volk.
Skenk geboorte in ons harte
aan vryheid en geregtigheid,
aan broederskap en liefde.
Bewaar ons teen oorlog,
teen vrees en ongeregtigheid,
teen moedeloosheid en nederlaag.
Seën ons president
en al die leiers van ons land
skenk aan hulle wysheid en moed,
visie en hoop in elke besluit t.o.v. ons Land.
Maak ons meer en meer bewus
van ons erfenis,
maak ons bewus van ons regte,
en ook ons verantwoordelikhede
as kinders van God
en as landsburgers.
Maak aan ons bekend u wil,
tot die vervulling van u woord
vir die restourasie en doel,
en die toekoms vir ons land
tot die verheerliking van Jesus Christus.
Amen.
© Thomas Dreyer
Waardevolle gebed vir ons land.
So ‘n ingesteldheid moet almal verkry!
LikeLike
Thomas Dreyer
Baie dankie vir hierdie bydrae. Mag jou gebed geseënd wees duisendvoudig op duisendvoudig en sonder ophou. Groete DD
LikeLike
Dankie,
alle eer aan Hom, want Hy is my inspirasie!
LikeLike
Dankie dit is so mooi, jy is ‘n inspirasie, God seën jou!
LikeLike