Kom ons bid


Die wanbegrip van liefde is so kragtig dat meeste mense nie werklik weet wat liefde is nie. As daar gekyk word na die nasionale en internasionale statistiek oor huweliksprobleme, mishandeling, egskeidings en kindermishandeling is die wêreld eerder ‘n prentjie van selfsugtigheid en haat.

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarin ons betrokke is. Leer om te bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

URGENCY for the well-being of the earth is born in the heart of God. The divine desire moves through the world, seeking to make all creatures radiant with goodness and alive with righteousness. True prayer includes every desire of our own that helps align us with this loving movement of the Spirit. Once we realize this, we are very close to prayer without ceasing (1 Thess. 5:17).

Robert Corin Morris
Wrestling with Grace

 Kom deel jou gebede hier waar ander ook deel daarvan kan word en saam met jou kan bid.

Ons land het baie gebed nodig. Die laaste vyftien jaar het baie veranderings plaasgevind maar tog is die transformasie van ons land nog glad nie klaar nie. Die regering, mediese- en skool stelsels het nog ‘n hele entjie om te gaan en dit is ons verantwoordelikheid om God se wil daaroor te bid. Groot werke van Sy genade en liefde is reeds sigbaar in ons midde, maar tog staar ons ons blind teen dit wat nog nie verander het nie…

…en wanneer my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
(2 Kronieke 7:14).

Kom ons bid God se wil oor ons land t.o.v die tugtigingswet, misdaad, die bankwese en ook ons ekonomiese stelsel.

Kom deel met ons jou hart van gebed vir ons land sodat ons saam met jou kan bid.

Ook het ons land het baie gebed nodig waar familie en vriende uitmekaar spat, verhoudings verbrokkel en selfsugtigheid ons harte kom vul. Dit is in eenheid dat ons mekaar opbou en ondersteun.

En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jakobus 5:15-16).

Kom ons bid vir mekaar.

6 thoughts on “Kom ons bid”

  1. Hi Melony,

    Dit is ‘n wonderlike strewe wat in jou hart is!
    Ek bid dat jy Jesus sal ontdek op ‘n nuwe vlak en Sy teenwoordigheid in jou lewe sal bly groei!

    Hemel Vader, Melony het ‘n begeerte om te sien en te lewe deur die kruis van Jesus. Alles wat sy dink en doen veranderd deur die liefde en openbaring van U in haar lewe met volkome vernuwing van haar gedagtes. U woord sê dat u ons hartsbegeertes beantwoord as ons ons in u verlustig, laat dit so ookvir haar wees.
    Amen

    Like

  2. Ek wil baie graag meer wees vir Jesus. Ek wil ‘n dissipel vir Hom wees. Ek wil Hom sien. Ek wil gedurig bewus wees van Sy teenwoordigheid deur die Heilige Gees

    Like

  3. Hi Rinda, Bly net glo, want vir GOD is niks ontmoontlik nie, Hy is YAHWEH ILOHIEM. En ek glo soos ek ook al ‘n hele paar jaar vir my man ook bid, dat die Here hom sal aanraak, en dat Ek en my man die Here saam sal dien, en ek glo dit vir jou ook….Hy Sal tot bekering kom, want dit is in hom om God te dien.
    Groete in Jesus Naam.

    Like

  4. Ek bid al 3 jaar vir my man. Hy is die beste man wat ek kan dink om te kon kry, maar ontsettend tradisievas. Die duiwel gebruik juis hom wat so naby my is om my aan te val, ek is al deur ‘n paar groot storms, maar ek staan vas. Alle eer aan ons Koning! Bid asb saam dat my man by die volgende Mighty Men Conference sal wees! Dankie Jesus! AMEN

    Like

  5. Dankie Pieter,
    ek stem saam dat die nonsens in die harte van mense hulle soms van baie dinge af weg hou. Ek bid ook dat daardie besef sal kom in die harte van ons mense sodat ons met oop arms God kan aangryp omdat daar niks anders is wat ons harte en arms vul nie.

    Soms moet ek eers bereid wees om te laat gaan voordat hierdie verandering kan plaas vind, tog sê Paulus dat dit God is wat in ons werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

    Daarom bid ek dat God in ons sal werk sodat ons handel en wandel Syne kan word – in die hemel so ook op die aarde…

    Like

  6. Hi Thomas

    Heel per ongeluk op jou website afgekom en dit was ‘n soos ‘n glas kouer water in die middel van die woestyn! Iets wat ek begrip voor het, want ek bevind my in Kuwait op die oomblik, omdat ek nie ordentlike werk in Suid-Afrika kon kry nie.

    My hart bloei vir die Afrikaner (of dan Afrikaans Sprekende Suid-Afrikaners, want ek vind dit nog steeds moeilik om myself as Afrikaner te bestempel!)

    God het wonderlike planne vir Suid-Afrika, en ironies genoeg was dit juis die Afrikaners wat met metodes soos Apartheid reg in die duiwel se hande gespeel het. Maar die bybel belowe mos dat “God can make all things work for good”, so ten spye van die verlede, glo ek dat God nog steeds vir Suid-Afrika kan gesond maak.

    Maar ek het ‘n spesiale “las” vir die Afrikaner. My hart gaan ook uit na al die ander Suid-Afrikaners, maar seker weens my eie agtergrond, verstaan ek die Afrikaner. Hy is verlore.

    Hy soek weer na sy God. Hy soek weer ‘n toekoms. Hy soek ‘n doel in sy lewe. Maar ter selftertyd wil hy nie die nonsens in sy eie hart los nie. So my gebed is dat God die hart van die Afrikaner kan aanraak om weereens sy kind te word.

    Is dit te veel gevra? Ek dink nie so nie. Vir God is niks onmoontlik nie. En met gebed is alles moontlik.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s