Foute!


Mense maak foute, ja selfs foute wat ander baie seer maak, maar is jy bereid om jou foute te erken en dan so ver moontlik reg te gaan maak?

Dit is veel makliker om ander se foute raak te sien as jou eie. Dit is maar so met alle mense, maar as jy daarop gewys word is jy dan bereid om weer daarna te kyk en dit dan reg te stel?

We take others to task for small mistakes, and overlook greater ones in ourselves. We are quick enough to feel and brood over the things we suffer from others, but we think nothing of how much others suffer from us. If we would weigh our own deeds fully and rightly, we would find little cause to pass severe judgment on others.

– Thomas à Kempis
A Pattern for Life

Die pyn en vrees wat foute wel in jou en ander se lewens veroorsaak kan hanteer word, reg gestel word en met tye vergoed word. Alle mense moet leer om ander se foute raak te sien en te hanteer soos hul graag sou wou hê ander moet hulle foute raaksien en hanteer.

Dit laat my dink aan wat Jesus gesê het:

Doen aan ander soos jy aan jou self gedoen wil hê…

Maak jy ook foute?

Hoe hanteer jy dit?

2 thoughts on “Foute!”

  1. Tersia: Hierdie lewe van ons is nie altyd perfek en wonderlik nie – daar is baie dinge wat seermaak; tog glo ek dat God alles ten goede laat meewerk.

    As ons Hom (God) toelaat om deel van ons alledaagse lewe te word en werklik in liefde teenoor God en die mens groei is daar niks wat vir altyd ons terug hou nie. Die wonde genees soos ons hierdie pad van herstel en vernuwing stap, maar die littekens bly agter as ‘n getuienis van ons lewens, oorwinning en krag. Littekens word dan die herinneringe van oorwinning en nie van pyn en teleurstelling nie…

    Like

  2. Sjoe dis baie waar! Ja ons is almal maar in ‘n mate skuldig! Ons is nou onlangs so seergemaak deur ‘n vrou en haar kind wie sy aangesê het om dinge te doen en sê…. ons kind se toekoms, ons planne en geweldige emosionele skade is gely (finansieël ook). Sy het nou, drie weke na die tyd kom onverskoning vra, maar dis te laat, die skade is gedoen en sekere omstandighede kan NOOIT reggemaak word nie! Ek het haar vrygespreek, maar my kind kry swaar!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s