Liefdeloosheid…


Ek was gister baie ontsteld en teleurgesteld gewees in die verhouding tussen twee van my vriende. Die liefdeloosheid wat ek tussen hulle waargeneem het was die ergste. Hulle is nou amper drie jaar getroud met absolute geen lewe nie. Albei is net in “survival mode” en is maar net besig om te oorleef.

Hy het drome gehad om mense wat deur emosionele pyn, dwelm misbruik en fisiese swaarkry gaan te ondersteun en weer op te bou tot dat hulle weer deel van die samelewing kon wees. Sy het drome gehad om kinders wat mishandel word, huisloos, ouerloos en op straat is te help – ‘n kinderhuis te begin en hulle op te bou tot volwasse mense wat geestelik, emosioneel en liggaamlik gesond is…        Waar is hierdie drome dan nou????

Die liefdeloosheid waarin hulle lewe is besig om alle drome soos hierdie te vernietig en hulle lewens by die afgrond van selfsugtigheid, haat en teleurstelling af te druk. Sy spartel nog teen die afgrond met bebloeide elemboë en rooi wange waar die nerf af is, ja sy probeer om die lewe terug te vind, maar weens al die wonde, bloedverlies en uitputting is ek nie seker hoe lank sy dit nog sal kan uithou nie. Hy, soos dit vir my lyk is reeds by die afgrond af… ek het nog hoop dat daar ‘n vangnet sal wees van iemand wat genoeg omgee… as hy maar net kan vertrou.

Here leer my om u liefde uit te leef elke oomblik van my lewe! Skenk my u krag en genade om hierdie mense by te staan wat verlore geraak het in die pyn en vrees van die lewe. Here kom omvou hulle met u ware liefde wat alle pyn en vrees vernietig en trek hulle nader aan u.

Bid saam met my vir harte wat weer honger en dors na ons Here sodat hulle die HERE sal aanroep en nuwe lewe in Hom sal ontdek…

…Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. En Hy het hulle gelei op ‘n regte pad om te gaan na ‘n stad om in te woon. Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul… 

…Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek. Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan…

…Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel…

…Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders. En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes…

(Psalms 107).

2 gedagtes oor “Liefdeloosheid…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s