Ons het mekaar nodig daarom moet ons mekaar lief hê


Ons het mekaar nodig daarom moet ons mekaar lief hê

Hoekom?

Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saam stry vir die geloof in die evangelie

(Filippense 1:27.)

Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing — maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander.

(Filippense 2:1-4.)

In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel. Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe.

(Filippense 3:16-18.)

Ons is baie lief vir onafhanklikheid:

“Ek moet myself wees.”

“Ek het dit op my manier gedoen.”

“Ek het niemand nodig om my te vertel waaroor dit gaan nie.”

Ons is geleer dat geluk die resultaat van onafhanklikheid is. As ek finansieel onafhanklik is, as ek verhoudings-gewys onafhanklik is, as ek onafhanklik op elke gebied is, dan sal ek op my gelukkigste wees. En tog het ons nog nooit soveel ongelukkige mense gehad nie, en die selfmoordsyfers styg net. Hoekom? Want dit is nie die antwoord nie. Die waarheid is, geluk kom nie deur onafhanklik en geïsoleerd te wees nie. Dit kom nie deur jou lewe te leef met al die mure op en al die maskers en deur mense op ʼn afstand te hou nie. Geluk kom deur interafhanklikheid, deur gemeenskap.

Jy kan nie jou doelwitte op jou eie vervul nie. God het ons so gemaak dat ons slegs sy doelwitte vir ons lewens in gemeenskap kan vervul, in sy familie, in verhouding met mekaar. Ons het mekaar nodig.

God het nooit vir jou bedoel om alleen deur die lewe te wandel nie. Dit het niks te doen met jou huwelikstatus, of jy enkel of getroud is nie. Ons het enkellopendes wat aktief in gemeenskap betrokke is. Hulle loop nie alleen deur die lewe nie. Hier is ook mense wat getroud is en baie alleen is. Die huwelik is nie die teenmiddel nie. Gemeenskap is die teenmiddel.

Ek het mense nodig om my te help om geestelik te groei. Hierdie groei proses is ʼn reis wat jou jou lewelank kan duur. Jy is altyd besig om te groei. Jy beweeg altyd. Daar is ʼn bestemming om na toe te gaan. God wil hê jy moet sekere dinge doen soos wat jy deur die lewe loop.

Gemeenskap is God se antwoord vir EENSAAMHEID…

Ons het almal mekaar nodig. Ons het ander gelowiges nodig om saam met ons te loop, saam met ons te werk, om vir ons uit te kyk. Ons het ander gelowiges nodig om saam met ons te wag en saam met ons te huil, en ons het hulle nodig om saam met ons te getuig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s