Die HERE is my herder!!!


My Here en Verlosser is altyd naby my en luister altyd, maar ek vergeet van Sy nabyheid om en in my. Veral as die lewe om die swaarste of die mees vreugde belaaide draai met my stap – daar waar alles anders en onverstaanbaar word. Dit is dan dat dit nodig is vir ‘n “engel” om Hom net weer vir my te kom wys, my oë en ore weer na Hom te draai.

Ons almal se lewens volg hierdie pad en elkeen van ons het een of ander tyd iemand nodig om net te kom luister, te bemoedig en of te bid.

Ek weet dat pyn en swaarkry baie uit ‘n mens tap en die moedeloosheid daarvan my oë kom verblind en ‘n afskuwelike dofheid oor my bring wat alles filter in so ‘n mate dat ek net die pyn begin waarneem… Eers as Jesus weer aan my voorgestel word, in hierdie pyn of moedeloosheid, dan kan Hy my filter word wat slegs dit wat my opbou en versterk deur laat. Ja, hierdie voorstelling van Hom aan my moet soms ‘n hele paar keer gebeur voordat ek Hom in my eie pyn en moedeloosheid werklik ontmoet en weet dat Hy daar is vir my… dit beteken nie dat die pyn en moedeloosheid verdwyn nie, maar Sy liefde en vrede is altyd met my, selfs in die pyn en moedeloosheid. Tog wil Hy ons deur hierdie situasie neem dat daar ook weer aan die anderkant ‘n tyd van vreugde beleef kan word.

‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook deur ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
(Psalms 23:1-6.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s