Die krag van die dood… Nee, Lewe!


Die lewe op aarde is tydelik en word oorheers deur die dood. Die dood heers slegs omdat dit kragtig genoeg is om dit wat lewe finaal te stop – al wat oorbly is dood, dus heers die dood.

Maar deur Christus Jesus heers lewe. Dit is nie omdat die dood weg is of nie meer ‘n werklikheid is nie, maar die krag van die dood is vernietig. Dood heers nie meer nie omdat dit nie meer finaal die lewe beïndig nie. Lewe in Jesus Christus is lewe nou en tot in ewigheid…

…want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…
(Handelinge 17:28.)

Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
(Romeine 5:17-18.)

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
(Romeine 6:23.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s