Vrede


Net soos Vreugde is daar ‘n krag in vrede wat ‘n magtige inpak het. Tog kan vrede ook te maklik verlore raak of gesteel word.

PEACEMAKING IS ACTIVE. It is not enough to pray for peace or to try to live peaceably. We must also work for justice, investing ourselves in our communities for the good of all. Even though we are not permanent residents of this world, we have a role to play while we are here. God’s plan is not pie in the sky, on high, by and by when we die. We are meant to make a difference here and now.

Mary Lou Redding
The Power of a Focused Heart  (Page 96)

Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
(Matthéüs 5:9.)

En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
(Jakobus 3:18.)

And the harvest of righteousness of conformity to God’s will in thought and deed is sown in peace by those who work for and make peace…
(James 3:18.)[AMP]

Ons word geleer om ons vrede en vreugde in God te vind, maar weet ons prakties hoe om dit te doen, ek dink nie so nie. Vrede word so baie in die Bybel genoem, maar dit help ons niks as ons dit nie beleef nie.

Hoe streef ek vrede na?
Hoe maak ek vrede deel van my alledaagse lewe?

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)

Gebed en smeking is die proses waarin ons ons probleme neerlê by God sodat ons oor niks meer besorg is nie. As ons die sorge by God laat – nie dit elke nou en dan weer gaan opsoek en bedink of bepraat nie – kom ons eindelik daar waar die vrede van God oorweldigend alles oordek… om hierdie vrede te bewaar moet ons ons gedagtes rig op dit wat waar, eerbaar, regverdig, rein, lieflik en loflik is, wat ook al die rede is. As ons dit nie doen nie dan gaan haal ons daai probleme en ding weer by God se voete en die hele probleem begin weer van vooraf.

As ons aanhou en deurdruk met die bewaring van vrede in ons midde dan is dit die plek waar ons ontdek dat God by ons is, nie net Sy vrede nie, maar Hy is ook met ons.

One thought on “Vrede”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s