Wat is jou Erfenis


Ek het baie gedink oor wat bedoel word met:

…ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
(Filippense 3:14.)

‘n Gedeelte van ons erfdeel moet ons leer om neer te lê, ‘n gedeelte moet ons van ontslae raak en ‘n gedeelte moet ons op neem en ons eie maak – hierdie erfdeel kom van ons voorgeslagte af. Ons het baie wysheid en insettinge van die Heilige Gees nodig om hierdie erfdeel op die regte wyse te ontvang. Dit wat deel van my vissie is moet ek leer om my eie te maak, dit wat ek moet neer lê moet ek by die kruis gaan los en dit wat ek van ontslae moet raak moet ek deur die kruis vat en laat gaan.

In baie opsigte ken ons hierdie dinge, maar om dit prakties te doen is nie altyd so eenvoudig nie.

Elke aspek van my lewe moet ‘n draai maak by die kruis – daar is die vir wat ek te bang is, en dan die wat ek liewer wil vergeet, maar dit wat nie aan die kruis gespyker was nie, wel dit word net te swaar. Dis dit wat my krag en tyd leegtap. Selfs my emosies en verhoudings, als moet kruis toe. Dan dra HY dit saam met my…

Liefde en ondersteuning is altyd nodig, dus moet ons mekaar hierin dra…

2 gedagtes oor “Wat is jou Erfenis”

  1. Hi Domminique,

    Ek dink dat meeste mense indien nie alle mense sukkel soms om hierdie geloofspad te stap. Die rede is dat dit oor verhouding gaan. Dit verg soms moeite om ‘n verhouding te bou en daar is dan tye wat dit baie maklik gaan, maar sodra dit weer moeiliker gaan raak ons lui en moedeloos.

    Bybelstudie is altyd goed en om Hebreërs te leer is ‘n goeie ding, maar dit gaan nie jou help om verhouding met God te bou of te handhaaf nie.

    Jy moet iets kry wat jy geniet om met die Here te deel en leer om dit daagliks deel van jou verhouding met Hom te maak. As jy dan bybelstudie en Hebreërs swot deel daarvan maak kan jy nie anders om in jou verhouding met God te groei nie.

    Om verhouding te bou is ‘n tydsame proses en ons moet nie oor haastig raak nie. Die artikel oor KOM ONS BOU kan jou help om te begin.

    Sterkte
    Thomas

    Like

  2. goeie middag, wel ek glo in wat hier bo staan en wil graag weer ‘n pad met die Here stap, soms is dit regtig baie moeilike, ek weet ek moet tyd maak maar sukkel om aan die gang te kom of net voor ek gaan slaap gou tyd te maak om bietjie my bybel te lees.. wel ek het gister besluit ek wil Hebrews begin leer en bybel studies begin maar het nog nie begin nie en weet nie hoe nie?- glo my, gewete kla my aan!

    hoop ek kan raad kry en met baie krag begin met dit als.

    groete

    domminique

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s