Vreugde!!


Ek het vandag gesit en wonder oor “vreugde”. Wat is vreugde?

Het jy al ooit gesien wat die krag is van vreugde? Het jy al gedink oor die inpak van vreugde in jou lewe?

Daar is ‘n energie, ‘n krag in vreugde wat jou oplig, ‘n lewensblyheid wat jou motiveer en jou inspireer in so ‘n mate dat dit jou amper aandryf. Jy voel lig en opgewonde, gereed om enige iets aan te pak. Daaglikse take word vinnige en maklik sonder moeite af gehandel. Jy het ‘n lus vir die lewe en alles om jou is wonderlik. Jy is meer oplettend en sien meer dinge om jou; Die blou lug is helderder, die plante groener, die mense vriendeliker en die lewe lekkerder…

Ja, vreugde is so kragtig en so wonderlik, jy kan dit tog nie weggee en niks oor hê nie, in teendeel ek dink as ‘n mens vreugde uitdeel dan word dit net meer en meer.

Maar hoekom verloor mens dit so maklik?
Hoekom is daar tye wat jy toelaat dat dinge, situasies en gebeure jou vreugde steel?
Hoekom is dit dan so moeilik om dit weer terug te kry?

Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
(Jesaja 51:3.)

Jy moet eerstens leer om jou vertroosting in die Here te vind, daar vind jy dan vreugde wat soos vrugte hang aan die bome in Sy tuin.

 In elke vrug is daar saad, ook in die vrug van vreugde. Jy kan die vreugde geniet, maar moet dan ook die saad daarvan in jou eie tuin gaan plant, die tuin van jou hart.

En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
(Jesaja 29:19.)

One thought on “Vreugde!!”

  1. Sjoe, ja!! Wanneer my vreugde gesteel word, is wanneer ek besef sjoe, nou is ek op my gelukkigste en dinge kan nie beter nie. Die volgende dag voel ek mismoedig en afgetakel. Die duiwel het darem maar ‘n snaakse manier om ‘n mens onder te kry. Dit hang van jouself af om die Here te vertrou sodat ‘n mens oor hierdie af en lamsakkige oomblike kan kom.

    Dankie vir die boodskap. Ek wonder ook baie daaroor

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s