Ek rus jou toe…


Son en RivierHy rus jou toe en bou jou op vir elke situasie wat voor jou lê! Hierdie Lewegewer gee aan jou alles wat jy nodig het.

Die Here se beskerming is beskikbaar vir ieder en elk. Hy wil jou verlossing en redding wees, jou beskerming en vrede, maar Hy dwing jou nie. Hy roep jou by die naam, met Sy arms uitgestrek wag Hy dat jy sal omdraai en in Sy arms sal in hardloop. Net daar vind jy rus en vrede. Daar beskerm Hy jou en red jou.

Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
(Jesaja 45:5-7.)

Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele van God, hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan. Hy het hulle laat knak onder swaarkry, hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende. Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom, Hy het hulle boeie stukkend gebreek.
(Psalms 107:10-14.)

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
(Psalm 37:3-4.)

Luister na Sy stem en hoor hoe Hy jou roep…
En sê dalk soos Abraham “Hier is ek!”
Want Hy wil jou omvou met Sy arms…

One thought on “Ek rus jou toe…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s