Die Tuin van die Hart


Die saad (Woord) moet in my siel lewe bring – die tuin van die hart. Ek moet die onkruid sowel as die slang uit my tuin hou. Onkruid is die vleeslike gedagtes en die slang is die vyand.

DSC_0068

Keep your heart with all vigilance; for from it flow the springs of life.
(Proverbs 4:23.)

for wisdom will come into your heart, and knowledge will be pleasant to your soul;
(Proverbs 2:10.)

Laat ons dan ons harte bewaak met alles wat ons het – die ingeplante woord wat lewe bring en ons siele red van die verderf… (Jakobus 1:21)

As ek ‘n fontein van lewendewater wil wees moet ek alles wat hierdie water kan bederf eers verwyder – dan kan die water van lewe my skoon was en so ook deur my vloei na ander. ‘n Skoon pragtige rivier met kristal helder water wat deur die tuine van my hart vloei en lewe bring oral waar dit gaan…

…Jesus (het) uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
(Johannes 7:37-38.)

…maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
(Johannes 4:14.)

Dit laat my weer dink aan die lied “Give it away” van Micheal W Smith

Die saad van lewe – liefde, geregtigheid en waarheid moet ontvang word. Hierdie saad moet in my tuin geplant word en ek moet sorg dat hierdie saad wortel skiet en groei. dit is my verantwoordelikhied om hierdie plantjie op te pas, te versorg en water te gee sodat dit ‘n boom van lewe kan word. Hierdie boom van lewe se vrugte is alles uit liefde, geregtigheid en waarheid; my gedagtes, dade en reaksies is alles liefde, geregtigheid en waarheid!!!!

Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
(Jakobus 1:21-22.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s