Leer om te Gee!!!


Micheal W Smith sing ‘n lied “Give it away!!!”

She asked him for forever
And a promise that would last
He said, babe, you know I love you
But I can’t commit to that
She said love isn’t love
’til you give it away
A father lived in silence
Saw his son become a man
There was a distance felt between them
’cause he could not understand
That love isn’t love
’til you give it away
You gotta give it away

CHORUS:
As we live
Moving side by side
May we learn to give
Learn to sacrifice

We can entertain compassion
For a world in need of care
But the road of good intentions
Doesn’t lead to anywhere
’cause love isn’t love
’til you give it away
You gotta give it away

CHORUS

BRIDGE:
Love is like a river
Flowing down from the giver of life
We drink from the water
And our thirst is no longer denied
You gotta give it away

Chorus

There was a man who walked on water
He came to set the people free
He was the ultimate example
Of what love can truly be
’cause his love was his life
And he gave it away
You gotta give it away

CHORUS

Ek dink nou net daar aan dat hierdie lied begin met ‘n vraag na “commitment” en dit eindig met “learn to give”, daar is dus nie veel lewe voordat ons leer om te gee nie, wat ek nie gee nie het ek dus nie – wel nie regtig nie… Ons geestelike offer is dus uit dit wat ons ontvang het, dit wat ons het om te gee!!

Dit is dalk ‘n goeie plek om te begin by “wat gee ek”, as ek weet wat ek gee kan ek ook sien wat ek werklik het. Dit is so ‘n paradoks maar ek glo dat dit werklik is hoe dit werk!

Ek dink die geestelike wat ons ontvang het manifesteer, geestelik, fisies en ook emosioneel… alles wat ons dus doen, uitleef en gee, moet iets van die geestelike bevat, anders is dit dood. Die geestelike raak altyd eers die gees. As ek gees is sal ek ook die geestelike kan ontvang – dus die rede hoekom ek nuut gebore moet word (Johannes 3).

Die geestelike is dus soos ‘n baarmoeder waar konsepsie plaas vind en lewe sy oorsprong vind.

Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
(Hebreërs 11:11)

Die saad van lewe, liefde, geregtigheid en waarheid moet ontvang word, maar as dit ontbreek of terug gehou word, dan bring dit net weer dood.

Hoe meer ons delf in die koninkryk van God hoe meer besef ons dat Sy koninkryk iets te doen het met hierdie lewe, indien nie word die lewe net “religion”, ‘n stel reëls sonder enige verhouding met God.

Sukses is om in HOM gevind te word soos Paulus dit stel:

In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…
(Handelinge 17:28.)

Want in Hom is die ontdekking van hierdie beginsel dat gees is lewe en ek kan slegs lewe as ek in en deur die gees lewe.
Dus leer ek om ‘n lewegewer te word en hierdie lewe wat ek ontvang het leef ek uit in die vorm van liefde, waarheid en geregtigheid…

Dis iets waarmee meeste mense sukkel…
Ons dink ons gaan iets verloor as ons gee, ‘n deel van onsself…
Dis waar, want ek verloor iets van myself, maar eintlik is dit iets vanuit God wat gegee word. Ons moet tot die besef kom dat alles tog van HOM af kom! As ons hierdie mentaliteit kan kweek sal dit baie makliker word om te gee…

Want ek is tog ‘n geskenk vir ander, wat ek is, is aan my gegee deur HOM ons Koning en Verlosser – ‘n lewende offer, soos hierdie lied dit stel.

Dit kan ook gesien word as die vrug van die boom van die lewe. Die saad wat ek ontvang het, het ‘n boom geword wat lewe skenk, hierdie lewe word gevind in die vrug omdat dit saad dra. Die vrug as geskenk word aan iemand gegee wat dan ook hierdie saad van lewe ontvang. So word hierdie lewe ook aan ander oorgedra.

Ek dink daar is baie mense met geestelike babatjies omdat hierdie beginsel nie verstaan word nie. Dit laat my dink aan iets wat ek ‘n rukkie terug geskryf het in “Closer than a Brother”.

Ons het nodig om hierdie babatjie momentum te gee… Dis amper soos om jou babatjie te leer loop of fiets ry… stadig maar seker, totdat hy dit self kan doen…

Dan is hierdie self-doen die punt waar ons, ons geestelike natuur “vanselfsprekend” uit leef, want dit kom natuurlik… as gevolg van geestelike volwassenheid!!!

Dit klink soms maklik, maar tog is dit nie, want ons bly fokus verloor wat die hele proses net moeiliker maak. Prys die Here ons het die Heilige Gees, want hy is ons Helper! Hy help ons om ons Geestelike babatjie suksesvol groot te maak!

One thought on “Leer om te Gee!!!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s