‘n Lewe van Liefde


Deur liefde uit te leef word die hele lewe om jou verander in ‘n wonderlike wêreld en jy kyk ook na alles deur verhelderde oë. Jou belewenis van elke dag word net groter en dieper en die kleinste dingetjie vind ‘n plek in jou hart, ja jy sien alles raak en verheug jou daarin.

Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
(Romans 13:10.)

Deur hierdie liefdeswandel ontdek jy dat God jou liefhet en ontdek jy ook iets van Hom wat jou dieper en dieper in Hom intrek.

Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
(Jesaja 43:1.)
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou nog altyd liefgehad het, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
(Jesaja 43:4.)

Die eenvoud van die hart is om een doel voor oë te hê, soos Dawid dit stel:

Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: …om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
(Psalms 27:4.)

‘n Liefdeswandel met God voor oë is tog ‘n lewe van liefde in alle opsigte…

…jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.
(Mark 12:30-31.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s