Die Skildery


Ek storm die trappe af en haas myself tussen die mense deur. Ek stop skielik om iemand nie te stamp. Toe ek op kyk verdwaal ek in die prag wat my oë aanskou. Die laatmiddag son verlig die skildery met sagte strale van goud. Die lug so helder blou dat ek meegevoer word in die skoonheid op arendsvlerke wat my al hoër en hoër vat. Die stilte en rustigheid kom omhels my en ek voel hoe alles wat my jaag weg suippel tussen die goudgeel blare. ‘n Spierwit wolkie in die hoek effens verkleur in skakerings van pink en oranje…

Eina, stamp ek my kop teen die ruit en besef ek staan steeds op die trappe. Die prentjie anderkant die ruit verdof stadig. Skielik is alles dof en grys. Ek dank die Skilder vir die rus en vrede wat Hy so pas aan my geskenk het en stap verder na my motor…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s