Globale dag van gebed 2007


Die Globale dag van gebed is Sondag die 27ste Mei 2007. Wat my op geval het is die redes waarom daar gebid moet word en word in Jesaja 12 baie mooi saamgevat:

Ek dank U, HERE, u toorn is afgewend, en U het my vertroos. Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my Psalm, en Hy het my tot heil geword. En ons sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. En ons dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam hoog is! Ons sing Psalms tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees oor die hele aarde. Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.

Hierdie globale dag van gebed word ingelei met tien dae van gebed wat op die 17de begin het. Die volgende word voor gebid:

  • 17de – Soek eers die Koninkryk van God
  • 18de – Groei in verenigde gebed
  • 19de – Vervulling met die Heilige Gees
  • 20ste – Keer terug na God in berou
  • 21ste – Jaag die Vrede van Christus na
  • 22ste – Bekragtig die volgende generasie
  • 23ste – Die uitbasuin van God se stem
  • 24ste – Lyding tot eer van Jesus
  • 25ste – Die genesing van Christus
  • 26ste – Die seëning van Christus

Ons as mense is afhanklik van God en mekaar en gebed is dit wat almal, ons en God, nader aan mekaar bring. As verhoudings deurmekaar is en God soms vêr voel, is gebed die antwoord wat met ‘n band van liefde soos ‘n lus ons omvou en nader aan mekaar bring. Die motivering agter gebed is liefde en gebed is dus nie gebou op begeertes, opdragte of straf nie. Soos baie dinge wat in die Woord van God aan ons gesê word om te doen is gebed daarby ingesluit, maar net so is al hierdie ander dinge nie opdragte van straf nie maar in ons verhouding met God, dade van liefde…

Bid hierdie week en veral Sondag vir ons land t.o.v. die punte wat hier bo genoem word.
Gaan uit en wees ‘n seën…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s