Keer terug na Hom!


Daar is ‘n uitnodiging aan die mens “Keer terug na My…” Die woord van God is vol daarvan.

Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart. As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou. Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef. Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal. Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig. As dit dan afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy. Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.
(Job 22:21-30.)

In daardie dag sal daar wees ‘n wingerd van skuimende wyn – sing daarvan! Ek, die HERE, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie. Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel daarin, in oorlog sou Ek daarop aanval en dit vertrap, dit alles saam verbrand, maar hulle sal my beskutting aangryp, en vrede met My maak, ja, vrede met My maak. In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die hele wêreld sal vul met vrug.
(Jesaja 27:2-6.)

Net so kan ons ook Suid Afrika ‘n land gevul met die goeie vrug van die Heilige Gees (Galasiërs 5:22-23.) laat wees.

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)

Ja, ons land se toekoms is in ons hande, maar ons kan dit in die hande van ‘n Almagtige God plaas deur net terug te keer na Hom en in Sy weë te wandel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s