SUID AFRIKAAAA!!!


Hierdie wêreld van ons is vol hartseer, verlange en pyn. Ons kan maar probeer soos ons wil, nooit sal ons onsself daarteen kan beskerm nie. Al wil ek ook kan ek nie iemand se pyn weg vat nie en net so min my kind beskerm daarteen.

Daar is nou al mense wat nie meer eiendom in Suid Afrika wil besit nie, net nou kry dit skade. Mense wat nie wil kinders hê in so ‘n deurmekaar land nie. Dink net daaraan, as dit jou uitkyk word moet jy ophou lewe of maar jou goedjies pak en beter weivelde gaan soek. Daar is nie ‘n plek op hierdie aardbol waar jy ‘n 100% veilig sal wees nie. As dit jou soeke geword het is jy verseker besig om agter niks aan te hardloop en wat jy gaan vind sal altyd ‘n teleurstelling vir jou wees.

Daar is niks so aanpasbaar soos die mense in die hele skepping nie. Met ons alles, ons totaliteit kan ons hierdie wêreld verander, daar is net een probleem, ons wil onafhanklik wees en alles vir onsself doen… dit gaan nooit werk nie! Die mens is nie onafhanklike wesens nie, maar interafhanklike wesens. Dit is in samewerking dat ons ‘n verskil in mekaar se lewens maak en so ook in hierdie land van ons. Suid Afrika word genoeg afgebreek en sleggemaak dat ons dit begin glo het.

Dit is tyd om die goeie in Suid Afrika te soek en te vind, dit raak te sien en dan volheid daarvoor te lewe. Elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid t.o.v. ons land en as jy nie het nie moet jy maar vir jou ‘n ander land loop soek, een waarvoor jy bereid is om voor te lewe. Ons lewe nie net vir ons self nie, maar vir elke persoon wat in hierdie land van ons lewe. Die seer, haat en pyn wat hardop ween en skreeu is deel van elkeen van ons en moet ook uiting daaraan kan gee, maar daarna ook lewe kan spreek en ook gee!!!

Dit is Suid Afrika ons land, my land…

Daar is net een plek waar ons hierdie lewe kan vind, die lewe wat ons land gaan red, dit is Sy lewe!! Laat ons dan nou na Hom toe gaan sodat ons barmhartigheid en genade kan ontvang vir Suid Afrika in hierdie tyd van nood. Hy het ons dan uitgenooi “

…kom na My toe almal wat honger en dors, want wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

en as my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
(2 Kronieke 7:14.)

Laat ons dan voor Sy genadetroon neerbuig en Hom aanroep vir ons land Suid Afrika!

2 gedagtes oor “SUID AFRIKAAAA!!!”

  1. Stem saam….!

    (Lev 25:17) Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.

    (Lev 25:18) En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.

    (Lev 25:19) En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.

    Mag God jou ryklik seën

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s