Ware Lewe


Ek het die laaste rukkie baie gedink aan die hart van God. Dit is ‘n moeilike konsep om te verstaan wat die hart wat in elkeen van ons klop en sodoende aan ons lewe gee kan tog nie met God sin vergelyk word nie. Ek praat van die wese, doen en late, die vollheid waarin God teen oor die mens uitleef en ook die weg en wyse van God.

God is liefde sê Johannes en in die Psalms, al die paaie van die Here goedertierenheid en trou. Daar is ‘n aanklag gewees teen die volk van God in Hosea en hierdie aanklag was gewees dat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. (Hosea 4:1-19.) Daar was net ‘n selfsugtige soeke na eiegeregtigheid. Die soeke na eiegeregtigheid en eer bring net vernietiging. Die mens is nie geskape vir eer en heerlikheid nie, maar om die eer en heerlikheid van God uit te lewe. Ons kan nooit onsself red nie, of ons eie pyn en vrees verstaan of oplos nie – diè eer behoort aan Hom! (Jesaja 61:1-3.)

Captivate your mind and spirit with a ravishing vision of GOD,
diving to the bottom of His ocean,
there you will find a pearl of great price
behind a piece of white coral,
waste your life for this pearl
and you will be found in the door without a key.
(Ted Dekker)

Maar as ons Hom in onsself ontdek, dan kan ons woorde mekaar bou, genees, versterk, bemoedig en so kan ek aanhou en aanhou…

Want:

…in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…
(Handelinge 17:28.)

My bede is dat elkeen van ons, hom- en haarself sal ontdek in God sodat ons ‘n kultuur van lewe sal uitleef, waar ons lewe in Hom almal om ons die ware Lewe laat sien…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s